HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Waterkrisis dreig op Mookgophong


   19 January 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 1258   l   36 days ago  

 

Hierdie foto van die Frikkie Geyserdam op Mookgophong is op Maandag, 15 Januarie, geneem. Die dam is tans 40% vol. Foto: Nico Kruger


Die versengende hitte van die afgelope tyd en die min reën wat hierdie seisoen geval het, het ’n dreigende waterkrisis op Mookgophong veroorsaak. 

Volgens Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, is die Frikkie Geyserdam, wat die dorp van water voorsien, tans op ’n 40%-vlak. “Die vlak daal byna ’n meter per dag en ons het tans net 60 dae se water oor,” het sy aan Die Pos gesê.

Volgens Nico Kruger, ’n inwoner wat ge-reeld by die dam hengel en ook die mee-gaande lugfoto geneem het, het hy geskrik toe hy op Maandag, 15 Januarie, die stand van sake sien. 

“Dit lyk asof daar nog baie water is, maar met die “fish finder” (’n instrument wat gebruik word om na vis te soek) wat ek gebruik, is dit duidelik dat daar meer as ’n meter diep slik in die dam is,” het hy gesê.

Die Frikkie Geyserdam, wat ongeveer 15 km noordwes van die dorp geleë is, is in 1955 in die Sterkrivier-opvangsgebied voltooi en beslaan 26 ha. 

Die dam het aanvanklik jaarliks 720 000 m² water gelewer en in 1982 is die damwal met 0,9 m verhoog. 

Dit het die kapasiteit na 915 000 m² per jaar verhoog.

Volgens ’n tegniese verslag van die muni-sipaliteit is die waterbronne op die dorp onder geweldige druk vanweë die groeiende bevolking van die dorp en kan ’n water-tekort in die dorpsgebied in die nabye toe-koms verwag word. 

Volgens statistiek in die verslag was daar 2 456 inwoners in 1960 en 11 674 in die jaar 2000. 

Die geskatte getal inwoners sal na verwagting in 2020 by die 17 584 wees. Die jaarlikse groei word op 3,06% beraam.  

Die boorgate in die Nylgebied se watervlak het ook drasties gesak. Die water word tans beheer sodat almal ’n gelyke kans kry. 

Van Staden het inwoners versoek om nie tuine met sproeiers nat te spuit nie. Sy het gevra dat inwoners dringend water bespaar. Sy het ook op Dinsdag, 16 Januarie, die moontlikheid van waterbeperkings aangekondig en melding gemaak van ’n alternatiewe bron van water wat ondersoek word. 

Dit sal moontlik binne die volgende drie maande geskied.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories