HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Polisievrou beseer in ongeluk op N1


   19 January 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 977   l   36 days ago  

 

’n Polisiebeampte is ernstig beseer nadat ’n bus teen die regeringsvoertuig wat sy bestuur het, gebots het. Die twee beamptes, sers. Nicolene Findlay en konst. Simon Mahlangu, was op pad terug na Modimolle nadat hulle ’n ongelukstoneel besoek het toe die ongeluk gebeur het. Findlay sterk in ’n Pretoriase hospitaal aan en Mahlangu is slegs lig beseer. 

 


’n Polisiebeampte van Modimolle is die afgelope week ernstig in ’n ongeluk op die N1-snelweg beseer. 

Sers. Nicolene Findlay is tans in ’n Pretoriase hospitaal met pelvisbreuke en harsingskudding. 

Findlay en haar kollega, konst. Simon Mahlangu, was op Donderdag, 11 Januarie, om 16:00 na die F.H. Odendaal-hospitaal op Modimolle onderweg van ’n ongelukstoneel op die snelweg om die pasiënte te besoek, toe ’n bus na bewering agterin die regeringsvoertuig vasgery het. 

Volgens die polisieverslag het Findlay, wat bestuur het, beheer oor die voertuig verloor en die bakkie het gerol. 

Volgens bronne het die voertuig teen ’n steilte afgerol en Findlay is uitgeslinger. Mahlangu is slegs lig beseer en die bestuurder van die bus, ’n Zimbabwiese burger, is ongedeerd.

 Volgens provinsiale woordvoerder Mamphaswa Seabi, ondersoek die polisie ’n saak van roekelose en nalatige bestuur.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories