HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Nuwe baadjie vir begraafplaas


   19 January 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 239   l   4 months ago  

 

Só het die ou begraafplaas gelyk nadat dit skoon en netjies opgeruim is. 


Die skoonmaak van die ou begraafplaas en skole op Mookgophong is deel van ’n nasionale opruimingsprojek wat deur die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit bestuur word.

Ongeveer 100 gemeenskapswerkers het op Woensdag, 10 Januarie, in hul oranje oorpakke begin om in die begraafplaas te skoffel en op te ruim. Volgens burgemeester Marlene van Staden is dit slegs die begin van verskeie projekte om Mookgophong een van die skoonste en netjiesste dorpe in die land te maak. Die nuwe begraafplaas is ook op die skoonmaaklys. 

Sy het ook gesê die begraafplase sal gereeld skoongehou word. “Ons benodig egter ekstra hande en besems en as daar inwoners is wat bereid sal wees om harde besems of swart sakke te skenk, sal ons baie dankbaar wees,” het sy aan Die Pos gesê.

Een van die projekte van die Gemeenskapswerkprojek (CWP) is om ’n groot gemeenskapstuin aan te lê en in stand te hou. Die groente uit die tuin sal dan aan verskeie kleuterskole, ouetehuise en ander behoeftiges geskenk word. Die gemeenskapswerkers sal ook help om die onwettige vullisstortingsterreine skoon te maak. “Dit is soms moeilik vir die munisipaliteit om die nodige masjinerie beskikbaar te hê,” het sy gesê. 

Die werkers het op Maandag, 15 Januarie, ook begin om die skole op Mookgophong skoon te maak en daar is by BB Matlaila, Dikubu en Mookgophong Primary gewerskaf. Die hoërskole het van Dinsdag, 16 Januarie, aan die beurt gekom. “Ons sal dit net regkry om die dorp die netjiesste en skoonste in die land te maak indien almal saamwerk en moeite doen, nie rommel strooi nie en self opruim wanneer hulle sien dit is vuil,” het sy afgesluit.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories