HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Inwoner van Rusoord oorlede


   19 January 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 67   l   4 months ago  

 

Annie Botha (69), ’n inwoner van die Warmbad Rusoord, is aan natuurlike oorsake oorlede.


Annie Botha (69) van Bela-Bela is op Sondag, 14 Januarie, by die Warmbad Rusoord aan natuurlike oorsake oorlede. 

Botha is op Modimolle gebore en het op Alma grootgeword, waar sy later jare geboer het, het haar dogter,  Rhönel Pienaar, aan Die Pos gesê. Botha se oorlede man, Kolla, was ’n padkontrakteur. 

Pienaar het aan Die Pos gesê haar ma was ’n baie harde werker, “maar sy het tog oor die fynheid van ’n vrou beskik”. Sy het gesê haar ma se lewe het om haar kinders gewentel en sy het haar twee dogters uithouvermoë geleer. 

Botha word op Donderdag, 18 Januarie, om 11:00 vanuit die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum op die dorp begrawe. Sy laat haar twee dogters Rhonel Pienaar en Yolande Coetzee agter, asook haar suster, Ina du Toit. Sy was ook die gelukkige ouma van vyf kleinkinders. 

Die gesin wil veral die Warmbad Rusoord-personeel vir hul omgee en sorg bedank, wat volgens hulle onmeetbaar was.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories