HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Voer op trok vat vlam


   19 January 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 551   l   36 days ago  

 

Die vrag brandende voerbale. 

 


Johan Goosen en sy seun, Willie, het die waarde van goeie buurmanskap beleef toe bure en verbygangers ingespring het om ’n vragmotor met ’n brandende vrag te red. 

Die Goosens, wat in die Alma-omgewing boer, het 70 voerbale bestel wat op hul plaas afgelewer sou word. “Die vragmotor het skaars deur die hek gery, toe sien my man en seun daar is moeilikheid,” het Veronica Goosen aan Die Pos gesê. Die vragmotor se bestuurder het blykbaar nog nie besef dat sy vrag aan die brand was nie. 

Die oorsaak van die brand kon nog nie vasgestel word nie, maar hulle vermoed dat oorhoofse kragdrade dalk vonke gemaak het toe dit aanmekaar geraak het aangesien dit ’n winderige dag was. Van dié vonke kon op die voerbale beland het. 

  “Ons het tuinslange nadergesleep om die vrag uit ’n boorgat te probeer natspuit. Intussen het bure en verbygangers stilge-hou om te help. Ons kon nie die vragmotor se wa afgehaak kry nie. Iemand het vinnig gedink en gesê ons moet so gou moontlik die bale van die vragmotor afkry sodat die voertuig nie óók aan die brand slaan nie.” Sy het gesê dit is net genade dat niemand beseer is tydens die vinnige aflaai van die brandende voerbale nie. Van die 70 bale het 40 uitgebrand. 

“Ons wil vir Kobus de Villiers, Dirk Venter en sy span van Nylstene, Sarel Botha, Hec-tor en Rentia Mountany, Jean Cilliers en George Hamman bedank vir hul hulp en vinnige optrede,” het sy gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories