HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Hittegolf tref Suid-Afrika


   12 January 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 558   l   9 days ago  

 

’n Goeie bui reën het op Dinsdag, 9 Januarie, in die Bela-Bela-omgewing uitgesak en lafenis gebied ná die naweek se warm weer. Ongeveer 25 mm is in dele van die dorp gemeet. Hierdie foto is in die Buyskop-omgewing buite die dorp geneem. Foto: Herman Steyn


Die Suid-Afrikaanse weerdiens het vandeesweek ’n waarskuwing uitgereik dat ’n erge hittegolf oor die land beweeg met temperature bo 40ºC wat op verskeie plekke aangeteken is. 

Veral Limpopo, die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes, Gauteng en Mpumalanga is deur die hittegolf geraak.

Op Bela-Bela het die kwik op Maandag, 8 Januarie, bo 37ºC gestyg en op Mookgophong, Modimolle en Vaalwater het die temperature tot in die omgewing van 36ºC gestyg. Met die styging in temperature was die gevaar vir veldbrande ook hoog.

Stormweer met sterk winde is saam met die erge hitte in die omgewing van die Makhuduthamaga-, Ephraim Mogale- en Elias Motsoaledi-munisi-paliteite in Limpopo aangetref.

Die weerdiens het mense gewaar-sku om sover moontlik uit die son te bly.

Andy Gill van APA-ambulans-dienste het by navraag gesê die hitte kan veral jong kinders, bejaardes en siek mense affekteer. 

Sy raad aan mense is om sover moontlik binnenshuis te bly wanneer dit baie warm is en om baie vloei-stowwe te drink.

“Hoofpyn kan ’n teken van dehi-drasie wees; daarom moet mense vloeistowwe met elektroliete in-neem,” het Gill gesê. “Wanneer iemand se vel só droog word dat die persoon nie meer sweet nie, het die persoon dalk sonsteek opgedoen, wat lewensgevaarlik kan wees. Mense moet dadelik mediese hulp daarvoor soek.”

Mense wat egter normaal sweet, hoef nie bekommerd te wees nie, maar moet die vloeistowwe wat hulle uitgesweet het, vervang. Gill het voorts gesê dehidrasie kan ook gemeet word aan die kleur van iemand se urine — dit moet lig van kleur wees. Donker geel of oranje urine kan op dehidrasie dui.

Mense word veral aangeraai om nie jong kinders of diere in ’n warm voertuig te laat nie aangesien dit dodelik kan wees.

Volgens die weerdiens sou die ergste hitte die week opgeklaar het en donderstorms is vir sekere dele van die land voorspel.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories