HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Modimolle groet bekende oudonderwyser


   12 January 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1656   l   9 days ago  

 

Frans Bouwer, wat jarelank ’n onderwyser aan Hoërskool Nylstroom was, is op Woensdag, 20 Desember, oorlede. Saam met hom op die foto is sy vrou, Corlia.


’n Ou bekende op Modimolle het sy dorp en geliefdes gedurende Desember vaarwel toegeroep. 

Frans Bouwer, wat jarelank ’n onderwyser aan Hoërskool Nylstroom was, is op Woensdag, 20 Desember, oorlede ná ’n 10  weke lange siekbed weens galblaas- en lewerkanker. 

Sy begrafnis was op Donderdag, 4 Januarie, vanuit die NG-gemeente Waterberg. Ds. Willie Potgieter het die diens waargeneem. 

In sy begrafnisbrief het sy kinders, Ettienne, Marius en Elmar, geskryf: “Pa se passie in die lewe en bereidheid om ander te help sal altyd in ons gedagtes bly. Pa het ons geleer dat ’n mens nie ’n groot mond nodig het om diep spore in mense se harte en in die wêreld te trap nie — ’n mens het net passie en deursettingsvermoë nodig. Dankie Pa, vir wat ons by jou kon leer van nederigheid, respek, wysheid en positiwiteit.”

Bouwer laat sy vrou, Corlia, en drie seuns Ettienne, Marius en Elmar en hul gesinne agter. Die familie bedank die gemeenskap vir die ondersteuning wat hulle ontvang het. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories