HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Jong leerder val hard in badkamer


   15 December 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 1604   l   37 days ago  

 

Chiara Hugo (8) van Bela-Bela het in haar ouerhuis se badkamer gegly. Dele van haar kakebeen is vergruis en haar tande het diep in die tandkaste opgedruk. Op die foto is haar mond net nadat die ongeluk gebeur het.


Chiara Hugo (8), ’n leerder van die Waterbergskool vir CVO op Modimolle, het op Maandag, 4 Desember, só hard by haar ouerhuis op Bela-Bela in die badkamer geval dat haar tande in haar tandvleis en kakebeen geskuif het. 

Haar ma, Monique, het aan Die Pos gesê dit het gelyk asof Chiara se tande letterlik afgebreek het, maar nadat hulle na die Arwyp-hospitaal in Kempton Park vir behandeling gejaag het, het ’n tandheel-kundige gelukkig daarin geslaag om Chiara se tande te herstel.

Sy is daarna gestabiliseer en die gesin het na Bela-Bela teruggekeer.

Ongelukkig moes Chiara op Vrydag, 8 Desember, weer in dié hospitaal opgeneem word nadat dit aan die lig gekom het dat dele van haar kakebeen vergruis is.

Monique het gesê Chiara het die Maandag op hul bad se rand gestaan. 

Sy het op ’n manier haar balans verloor en haar gesig hard teen die wasbak gestamp. Die gesin het destyds trappe langs die bad gebou en die bad daarin gesink om die in- en uitklim makliker en veiliger vir almal in die huis te maak.  

Die vloerteëls was nie tydens die ongeluk nat of glad nie, het Monique gesê.

“Ek is nou so bang vir my eie badkamer soos die kat vir die hond. 

“Die spesialiste by die hospitaal het aan ons gesê dat hulle elke liewe dag gevalle van mense — oud en jonk — ervaar wat in die badkamer gegly of geval het,” het sy gesê. 

Sy het voorts gesê dit is jammer dat mense eers die gevaar van ’n badkamer besef sodra ’n fratsongeluk plaasgevind het.

“Dit is iets wat mense veral nie hierdie tyd van die jaar nodig het nie. Sit maar matte wat gly sal voorkom en handreëlings in om sulke ongelukke te vermy.”

Die gesin het ’n mediese fonds. Chiara sal ongelukkig vir ’n paar maande geen vaste kos kan eet nie. Sy mag net vloeistowwe inneem weens die operasies wat sy moes ondergaan, het Monique gesê.

Die gesin hoop nou dat haar kakebeen heeltemal sal herstel.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories