HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

AfriForum maak Mookgophong skoon terwyl munisipale werkers staak


   15 December 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 167   l   4 months ago  

 

Terwyl munisipale werkers op Mookgophong gestaak het, het die gemeenskap, in samewerking met AfriForum en Solidariteit Helpende Hand, self die dorp skoon gehou en vullis verwyder.


AfriForum se Naboomspruit-tak het, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, op 6 en 7 Desember die dorp skoongemaak terwyl munisipale werkers vir beter salarisse gestaak het.

“Die werkers het vir langer as twee weke gestaak en die dorp was vol vullis. As die munisipaliteit nie dienste lewer nie, sal die gemeenskap moue oprol en dit self doen,” het Philip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, gesê.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, is hierdie ’n goeie voorbeeld van hoe ’n betrokke gemeenskap ’n verskil kan maak. “Hierdie is ’n gemeenskap wat nie bloot toekyk hoe hul dorp onder munisipale verval ly nie, maar eerder ’n positiewe verskil maak waar die munisipaliteit versuim om sy pligte na te kom.”

Grobbelaar het bygevoeg dat die tak dreigemente van munisipale amptenare oor die skoonmaakaksie ontvang het, maar dat dit hulle nie gestuit het nie. “Ons het dreigemente ontvang dat die vragmotor wat die vullis verwyder het, afgebrand sou word, maar ons sal nie toelaat dat geweldsdreigemente ons afskrik en ons daarvan weerhou om die regte ding te doen nie. Die gemeenskap van Mookgophong is geregtig op ’n skoon en netjiese omgewing en daarom sal ons aanhou om soortgelyke projekte aan te pak.”

Tydens die skoonmaakaksie het veiligheidsorganisasies patrollie gery om bystand te bied indien betogers gewelddadig sou raak.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories