HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Liggiehuis lok inwoners van heinde en ver


   15 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 948   l   32 days ago  

 

Die Opperman’s se huis op Modimolle is die dorp se eie “liggiehuis”. Die liggies is tot einde Desember aan vir die gemeenskap om te geniet.


Die vrolike, flikkerende Kersliggies maak die kind, selfs in dié met baie jare agter die rug, wakker. 

Modimolle se “liggiehuis” in Springbok-straat is vanjaar weer oortrek met helder-kleurige Kersliggies en lok selfs besoekers van die buurdorpe. 

Dit is die sesde jaar dat Chris en Marie Opperman dié groot projek aanpak. 

“Ons het maar begin liggies opsit vir ons twee seuns, Mario en Stiaan. Ons het elke jaar iets nuuts gesien en bygevoeg en dit het aanhou groei. 

“Al meer inwoners het begin opdaag om te kyk en ons het besluit om ons tuin oop te stel sodat hulle dit ook kan geniet,” het Chris gesê.

“’n Besoek aan die liggiehuis het al ’n instelling vir talle tuisblyers op die dorp geword. 

“Ons het verlede jaar op een dag 100 mense gehad wat ons besoek het,” het hy gesê. 

Oor ’n vraag wat die liggies aan sy kragrekening doen, het hy eers ongemaklik gegrynslag voordat hy gelag het. “Ons het sonpanele en kan dit darem deur die dag gebruik.” Die Oppermans sien hul jaarlikse liggies as ’n diens aan die gemeenskap. 

Marie sê dat dit hulle bykans ’n maand geneem het om al die stringe liggies opgehang te kry. Die afhaalslag neem ook tyd in beslag omdat elke item weer netjies in sy eie boksie gebêre moet word om volgende jaar weer te gebruik. Die liggies bly tot einde Desember aan vir die gemeenskap om na te gaan kyk. 

  • Die Kokanje-aftreeoord op die dorp het ook ’n fantasiewêreld met liggies net binne hul ingang langs die dam geskep.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories