HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee


   08 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 257   l   4 months ago  

 


Die Modimolle-Mookgopong-munisipaliteit het op Dinsdag, 5 Desember, ’n vuurwarm vergadering gehad. 

Die warmste punt op die agenda was ’n verslag van die munisipaliteit se ouditkomitee oor die hantering van geldsake. Verteenwoordigers van die ouditeur-generaal het ook die raadsvergadering bygewoon. 

Fikile Modau, voorsitter van die komitee, se terugvoer oor die prestasie-ouditverslag van die eerste kwartaal was glad nie goed nie. 

Daar is onder meer bevind dat interne kontroles swak is, bankrekonsiliasies nie betyds gedoen word nie en dat daar groot hoeveelhede items is wat nie gerekonsilieer is nie. Dit kan, volgens die komitee, lei tot wanadministrasie. 

“Die raad moet bestuurders verantwoordelik hou,” het Modau gesê. Die komitee het ook hul kommer oor die munisipaliteit se kontantvloei, die laat betaling van salarisse en die impak wat die staking op Mookgophong op invordering van skuld het, uitgespreek. “Dié probleme kan tot gevolg hê dat die nasionale tesou-rie die munisipaliteit se billike toedeling-toelae weerhou,” het sy gewaarsku. Sy het gesê dat bestuurders in vakante sleutel-poste so spoedig moontlik aangestel word. 

Een van die munisipaliteit se tekort-kominge is glo dat finansiële verslae nie kwartaalliks voorgelê word nie. 

Die raad is ook ingelig dat die finansiële inligting wat aan die komitee beskikbaar gestel is, van swak kwaliteit was. 

Dit het aan die lig gekom dat die porte-feuljekomitee vir finansies sewe maande gelede byeengekom het. 

Nonini Monepya, EFF-raadslid, het die blaam daarvoor voor die deur van ampte-nare gelê wat glo nie opdaag vir vergade-rings nie. 

Ander raadslede het dié probleem beaam. Van die vergaderings kan volgens hulle nie voortgaan nie omdat dié amptenare inligting oor sekere kwessies moet verskaf. 

Die laaste item op die agenda was vrae wat DA-raadslid Johann Abrie aan die raad gerig het betreffende munisipale toelaes wat van die regering ontvang is en die stand van die raad se waterrekening by Magalies Water. 

Die EFF se raadslede het gesê dat hulle nie die vrae vooraf ontvang het nie en uit protes die vergadering verlaat het. Hulle is gevolg deur die ANC se raadslede. Die vrae is glo die vorige dag ingedien. 

Die speaker, Dingaan Motswhene, en munisipale bestuurder, OP Sebola, het onderneem dat die vrae, sowel as antwoorde daarop, ingesluit sal word by die agenda van die volgende vergadering in 2018.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories