HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Nuwe speaker en hoofsweep verkies


   24 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 510   l   24 days ago  

 

Burgemeester Marlene van Staden saam met Dingaan Motshwe-ne, wat verlede week tot die nuwe speaker van die Modimolle-Mookgophong-munisipale raad verkies is.

 


’n Nuwe speaker vir die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit is tydens ’n spesiale raadsvergadering verkies. 

DA-raadslid Dingaan Motshwene, wat voorheen die hoofsweep was, is op Vrydag, 17 November, tot speaker verkies. Motswhene is ’n sakeman van Phagameng. Dit volg ná die verrassende bedanking verlede week van Johann Abrie as speaker van die raad.

Altesame 14 uit die 28 raadslede het vir Motshwene gestem. Die ANC-raadslede het buite stemming gebly.

Motswhene het die vergadering verder gelei en raadslede gemaan om mekaar met respek te behandel. 

DA-raadslid op Mookgophong, Hercules Louw, is tot hoofsweep verkies.

Een van die punte op die agenda was die aanstelling van die munisipaliteit se seksie 56-bestuurders. Dié sleutelposte is al lank leeg. 

Die aanstelling van twee bestuurders vir korporatiewe dienste en dorpsbelanning en ekonomiese ontwikkeling is goedgekeur. Volgens Marlene van Staden, burgemeester, is die twee kandidate wat vir dié poste ge-kies is, uiters bekwaam en het hulle bewese ondervinding. 

Die raad het besluit dat die poste vir die hoof- finansiële beampte en tegniese bestuurder vir die derde keer geadverteer word. Die poste het reeds vantevore ná onderhoude tot by ’n kortlys gevorder, maar die proses is nie verder gevoer nie.  

Die munisipale bestuurder en bestuurder vir maatskaplike dienste se kontrakte verval in Maart 2018. Dié poste sal ook onmiddellik geadverteer word, hoewel Van Staden die raad aangeraai het dat dit beter sal wees om dit eers in Januarie te adverteer omdat talle amptenare gedurende Desember met verlof is. 

Volgens Van Staden is die skommeling van hul politieke bestuurspan gedoen met die oog om ’n beter funksionerende koalisie in die raad te skep. “Ons wil ons samewerkingsooreenkoms met ons vennote versterk,” het sy gesê. 

“Die rol van die speaker is om neutraal te bly. Hy kan nie dringende mosies bring of vrae in die raad vra nie. Johann (Abrie) is ’n passievolle persoon en ons sal hom beter in die raad kan gebruik om die administrasie verantwoordelik te hou. Ons het sterk mense hier nodig,” het sy gesê.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories