HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Krag direk van Eskom nie ‘opsie’


   17 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 87   l   31 days ago  

 


Die Waterberg-sakekamer het op Vrydag, 10 November, ’n vergadering gehou om die elektrisiteitskrisis wat die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in die gesig staar te bespreek. 

Die nuus dat Eskom met die afsnyproses begin het en die dorpe se elektrisiteit op spitstye vanaf Woensdag, 6 Desember, sou afsny, het sakelui hoofbrekens besorg. Alternatiewe opsies vir kragvoorsiening is bo baie kleiner ondernemings se vermoë en van die groter industrieë se eienaars het aan Die Pos gesê hulle sal genoop wees om hul ondernemings te skuif. 

Burgemeester Marlene van Staden het tydens die vergadering die goeie nuus gegee dat ’n nuwe afbetalingsooreenkoms met Eskom bereik is en dat hulle nie sal voortgaan met die afsnyproses nie. (Sien berig heel bo).

Die sakekamer het kenners in elektrisiteitsvoorsiening genooi om met sakelui oor hul opsies te praat. Corrie van der Wath van Matleng Energy Solutions was een van die sprekers. Hy het jarelange ondervinding in munisipaliteite en Eskom-aangeleenthede. 

“Ons het al met tien munisipaliteite gewerk en gesien dat almal se probleme baie dieselfde is,” het hy gesê. Op sakemanne se vraag oor hoekom hulle nie direk elektrisiteit van Eskom af kan ontvang nie, het hy verduidelik dat munisipaliteite nie ’n lisensie van Nersa, die nasionale energiereguleerder, daarvoor het nie. Ondernemings mag volgens hom nie wegskuif van munisipale kragvoorsiening nie, tensy die munisipaliteit toestemming daartoe gee. Dit is glo ’n vyf jaar proses wat nie altyd suksesvol is nie. 

“Elektrisiteit en die infrastruktuur is ’n bate. Dit beteken dus dat die munisipaliteit ’n bate moet weggee,” het hy verduidelik. Hy het egter gesê dat Eskom slegs begin het om aan huishoudings krag te voorsien as gevolg van die vinnige groei van gemeenskappe. “’n Huishoudelike netwerk is nie vir Eskom ’n bate nie,” het hy gesê. Hy glo ook dat dit nie prakties is nie omdat Eskom hoofsaaklik met hoogspanningslyne werk en dan ook voorraad moet dra vir kabelnetwerke wat ander kundigheid verg. 

Van die inwoners wou meer weet oor hul opsies om hul eie krag op te wek deur middel van sonkrag. Van der Wath het gesê dat hulle wel weer moet kan terugval op munisipale kragvoorsiening as dit bewolk is. Dit is ook ’n baie duur kapitale uitleg. 

Hy het aanbeveel dat huishoudings en ondernemings eerder daarna kyk om hul afhanklikheid van Eskom te verminder. “Die afgelope drie jaar het ons ’n halvering in die koste van alternatiewe energie gesien,” het hy gesê. “Ons verwag dat die koste sal aanhou daal.” Hy stel ’n kombinasie van sonkrag, gas en kragopwekkers voor.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories