HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

GPF ontbind ná klagte teen hoof


   17 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 156   l   31 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Die paaie van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die polisie op Modimolle het verlede week geskei.

Dié stappe kom nadat die GPF-kringhoof, Barend Pienaar, tydens ’n vergadering uit sy pos onthef is nadat ’n klag teen hom gelê is deur ’n man wat glo tydens ’n optrede by ’n sjebeen in hegtenis geneem is. Dié man beweer dat hy aangerand is.  

Die GPF het daarna besluit om hul strukture te ontbind en op eie stoom voort te gaan. Hul bestuur sou dié week vergader om die pad vorentoe te bespreek. 

Volgens Pienaar is die voorval waarvan hy aangekla is deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek. Hy sê dit klink vir hom asof die saak “uitge-gooi” gaan word. 

Die Modimolle-polisie het by navraag gesê hulle sal op ’n later stadium hierop reageer.  

“Ons sal moontlik die landelike beveiligheidsplan se platform gebruik. Ons sal die plase maklik kan hanteer, maar sal ’n mandaat van die dorp se groep af moet ontvang om die dorp ook volgens dié plan te patrolleer,” het Pienaar gesê.

Hy het gesê die woonbuurt kan moontlik teruggaan na ’n buurtwag-model. 

Soos Die Pos telkens in die verlede berig het, speel dié veiligheidsgroepe ’n belangrike rol in die beveiliging van die gemeenskap. Dit is dikwels deur hul netwerke wat plaasaanvalle, motorongelukke en ander ernstige gevalle aangemeld en hulp vinnig ontbied kan word. 

“Ons glo dat die landelike veiligheidplan vir ons groter vryheid sal gee om te besluit waar probleemgebiede is, waar die polisie dan kan optree,” het Pienaar gesê.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories