HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Munisipaliteit betaal ná balju voertuie vat


   10 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1227   l   3 months ago  

 

Dié Volvo was voorheen die ampsmotor vir die burgemeester van die Modimolle-munisipaliteit. Dit is een van die motors waarop die balju beslag gelê het. 


Die balju het vandeesweek op 14 van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit se voertuie beslag gelê.

Die voertuie het die vorige burgemeester se ampsmotor, ’n Volvo, ingesluit, asook verskeie vragmotors en bakkies. Die voertuie is weer teen Dinsdagoggend, 7 November, aan die munisipaliteit terugbesorg nadat hulle glo meer as R400 000 betaal het. 

Inligting rakende die voorval is skraps. 

Marlene van Staden, burgemeester, het gesê sy het ’n volledige verslag van die munisipale bestuurder, OP Sebola, aangevra, maar teen Dinsdagmiddag het sy nog niks ontvang nie. 

“Ons spreek ons kommer uit oor die gebrek aan inligting tussen die administrasie en die politici. Soos met dié geval geld dit ook vir inligting rakende Eskom. Hoekom is hierdie die eerste wat ons hoor?” het Johan Prinsloo, VF Plus-raadslid, gesê. 

Die balju het aan Die Pos gesê dat hy geen inligting oor die beslaglegging bekend kan maak nie. 

Die Pos het vanaf anonieme bronne verneem dat daar beslag gelê is op die voertuie ná ’n arbeidsgeskil met ’n  voormalige hoof- finansiële beampte, Patricia Segwapa, wat in 2010 tesame met die voormalige munisipale bestuurder, Charles Powell, geskors is. Dagblaaie het in dié tyd berig dat die Noord-Gautengse Hooggeregshof ’n derde dringende hofbevel teen die twee toegestaan het nadat hulle glo vorige hofbevele om hul kantore te ontruim, geïgnoreer het. Die hooggeregshof het volgens The Citizen in Desember 2009 ’n tussentydse hofbevel toegestaan om Powell en Segwapa te skors en die betaling van twee tjeks van R250 000 wat in hul name uitgemaak is en deur hulself onderteken is, te stop.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories