HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Kunstenaars se werke uitgestal


   10 November 2017   l   Carina Bester    l   Views: 16   l   3 months ago  

 

Plaaslike kunstenaars van Mookgophong het op Vrydag, 3 November, en Vrydag,4 November, hul kunswerke in die hotel op die dorp uitgestal. 


Die kunsstudente van die Kat Kom Weer-kunskafee op Mookgophong het op Vrydag, 3 November, en Saterdag, 4 November, hul verskeie kunswerke uitgestal. 

Dit was vanjaar die derde jaarlikse kuns-uitstalling en die werke is in die hotel reg langs die kunskafee uitgestal. Die gaste het smaakvolle paninibroodjies en ’n glasie wyn geniet terwyl hulle die kunstenaars se werke bekyk het. 

Volgens die eienaar, Corietha Müller, was dit ’n uiters suksesvolle kunsuitstalling. Die gaste kon ’n groot verskeidenheid kuns besigtig en koop wat bestaan het uit olie-, akriel- en waterverfskilderye, asook linodrukke, mosaïekwerk, pottebakkery en viltwerk. Altesame 40 kunstenaars het ongeveer 180 kunswerke uitgestal en met die 170 kaartjies wat vir die uitstalling verkoop is, kan die kunsstudente aanstaande jaar op hul jaarlikse uitstappie gaan. 

Die jong en opkomende kunstenaar, Baldwin Hlongwane, ook bekend as Baldwin Kay, ’n oud-Hansie, het die Saterdag musiek gemaak en ’n heerlike atmosfeer geskep. Verskeie ander produkte soos kruie, heuning en laventelprodukte is ook te koop aangebied. 

Kunsliefhebbers kan voorlopig die datum vir aanstaande jaar se kunsuitstalling op hul kalenders aanteken as 2-3 November. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories