HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Vaalwater-vrou sterf aan malaria


   20 October 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 201   l   35 days ago  

 

Jeanett Swanevelder (71) van Vaalwater is op Sondag, 8 Oktober, oorlede nadat sy malaria opgedoen het.


Jeanett Swanevelder (71) van Vaalwater is op Sondag, 8 Oktober, aan malaria oorlede, hoewel Vaalwater nie as erkende malaria-omgewing gereken word nie. 

Swanevelder is van 5-8 Oktober in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria behandeling, maar het die Sondag gesterf. 

Sy laat haar man, Piet (65), haar seun, Pieter, en dogter, Suzette, agter, asook vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders. Haar roudiens het op Vrydag, 13 Oktober, in Kempton Park plaasgevind. 

Daar is die afgelope jaar talle voorvalle van malaria in Limpopo aangemeld. Malaria kan lewensgevaarlik wees.

Malariasimptome is aan die begin baie dieselfde as griepsimptome. Koors, sweet, kouekoors en ’n lyf wat bewe, hoofpyn, naarheid en braking is van die simptome daarvan. 

Lesers word aangeraai om dadelik ’n dokter te raadpleeg indien van dié simptome ervaar word. Malaria word deur bloedtoetse bevestig en die behandeling hang dikwels van die tipe parasiet, asook die ouderdom van die pasiënt af. 

Artemisinin-gebaseerde kombinasieterapie (AKT) is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) die beste behandeling. Volgens die WGO is daar in 2013 198 miljoen gevalle van malaria aangemeld. Die nasionale instituut vir oordraagbare siektes sê daar is reeds 9 478 malariagevalle in 2017 aangemeld. Dit word toegeskryf aan vanjaar se toename in temperature, hoër reënval en humiditeit. Daar was in 2015 minder gevalle weens die droogte. 

Ná die afgelope weke se goeie reënval is muskiete baie meer aktief. Tref dus voorsorg deur huise en plante met muskietwerendemiddels te spuit, onder muskietnette te slaap en insekweermiddels te gebruik. — Bronne:Health24, clicks.com, who.int

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories