HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Stadig met water op Modimolle


   20 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 60   l   4 months ago  

 


Inwoners van Modimolle word gewaarsku om nie te kwistig met water om te gaan nie omdat waterbeperkings steeds geld. 

Hoewel die eerste reën van die seisoen reeds geval het, het die Donkerpoortdam se vlak met slegs 3 mm gestyg en is die dam nou 36% vol. Slegs 20% hiervan kan gebruik word. “Die dam se vlak is steeds krities laag,” het Marlene van Staden, burgemeester, gesê. Die munisipaliteit pomp vier dae vanuit die dam en maak dan die volgende vier dae slegs staat op water vanuit boorgate en Magalies Water voordat hulle weer uit die dam pomp. Waterbeperkings bly steeds van krag. 

Sy het inwoners daaraan herinner dat die watertariewe styg na gelang van die hoeveelheid water wat ’n huishouding gebruik. “Daar is nie tans ’n spesifieke beperking op die hoeveelheid liter water per dag wat iemand kan gebruik nie. Ons hoop wel dat elkeen rasioneel sal optree en seker maak dat hulle water bespaar,” het sy gesê. 

“Hoogliggende woongebiede word eerste geraak as die waterdruk laag is. Ons beheer dit deur kleppe te gebruik om die pype oop en toe te draai en die reservoirs so vol as moontlik te maak. Ons hou by ons reël dat almal ten minste een keer per dag water moet ontvang,” het sy gesê.

Die pompstasie wat naby die Sondela-reservaat opgerig is en reeds in Desember 2016 voltooi sou wees, het steeds nie begin werk nie. Die werk is, volgens Van Staden, vertraag en hulle sal na verwagting eers in Mei water begin pomp. Die doel van dié pompstasie is om meer water vanaf Maga-lies Water se pyplyn aan Modimolle en Bela-Bela te verskaf. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories