HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

VLU kuier by Ina Lessing


   20 October 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 40   l   4 months ago  

 

Ina Lessing het al die VLU-lede verwelkom en aan hulle vertel van die ontstaan en geskiedenis van Ina Lessing-konfyte.


Die Naboomspruit Vroue Landbou-unie het op Donderdag, 21 September, vir hul jaarlikse uitstappie na Ina Lessing, oud-VLU-lid wat landwyd bekend vir haar ingelegde vrugte en konfyte is, se plaas gegaan. 

Die Potgietersrus VLU en Aandstertak op Modimolle is ook saamgenooi op die uitstappie. 

Lessing het aan die lede vertel haar onderneming het baie jare gelede uit nood begin onder ’n afdak met twee stofies en twee potte. Haar onderneming het tot ’n suksesvolle onderneming gegroei en vandag kan sy nie voorbly nie. Sy het ook gesê hulle plant geen vrugtebome aan nie en koop al die vrugte wat hul gebruik. 

Lessing het gesê hulle huur vir die afgelope vyf jaar ’n stoor op Bonnievale net oor die Rooibrug. Hul arbeiders gaan ook saam. Daar is nie altyd arbeid op die plase beskikbaar nie, en dan moet ons self gaan vrugte pluk, het sy gesê. 

Lessing bestel reeds voor hulle vertrek bottels en gas. Hulle bou gewoonlik ’n donkie wat gebruik word vir kookwater om te bad en te kook. Hulle het sowat 60 stowe en potte in die store en lê sowat 65 000 botteltjies in gedurende die sewe weke daar.

Ná al die harde werk neem hulle gewoonlik die werkers vir ’n Saterdag strand toe en braai en hou piekniek saam met die werkers. 

Ná die praatjie het die VLU-lede gesmul aan ’n heerlike ontbyt wat bestaan het uit pap, bredie, wors, heerlike tuisgebakte brode en verskillende konfyte. Almal het heerlik saam gekuier, en met vol mae en sakke vol konfytbottels verdaag.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories