HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Sakeman, rekenmeester en boer ná lang stryd teen kanker oorlede


   13 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 39   l   42 days ago  

 

Thys Redelinghuys (72) van Bela-Bela is vandeesweek in die St. Vincents-hospitaal op Bela-Bela aan kanker oorlede.


Thys Redelinghuys (72), ’n voormalige rekenmeester en boer van Bela-Bela, is op Maandag, 9 Oktober, in die St. Vincents-hospitaal ná ’n lang stryd teen kanker oorlede.

Volgens sy vrou, Marinda, is hy in 2009 met kanker gediagnoseer en het tot met sy afsterwe behandeling ontvang.

Redelinghuys is in Potchefstroom gebore en het aan die Potchefstroom Gimnasium skoolgegaan. Hy het ná sy studies as rekenmeester in Pretoria saam met ’n paar vennote gewerk voordat hy na Bela-Bela verhuis het.

Hy was in sy 35 jaar op Bela-Bela onder meer die eienaar van die ou Browns Hotel, die White House Hotel en het die destydse Tobes-kuierplek bestuur. 

Marinda het gesê hulle het in 1990 ontmoet en is in 2006 getroud. Hy en sy gesin het oor die afgelope twee jaar op ’n plaas op Turfbult buite Bela-Bela geboer.

Volgens haar was hy ’n goeie man vir haar en pa vir sy kinders uit sy vorige huwelike.

“Hy was streng, maar ’n goeie leermeester. Hy was baie selfversekerd en baie lief vir sy familie en kleinkinders. Die laaste ruk was vir hom baie swaar. Hy was in en uit die hospitaal, maar hy het aan die Here vas-geklou,” het Marinda gesê.

Sy roudiens vind op Vrydag, 13 Oktober, vanuit die NG Warmbad Wes-gemeente op die dorp plaas. Hy laat sy vrou, Marinda, 13 kinders, 21 kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories