HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Welverdiende rus ná 30 jaar diens in polisie


   13 October 2017   l   Carina Bester    l   Views: 105   l   3 months ago  

 

Kapt. Hannelie van Heerden tree ná 30 jaar diens in die polisie uit. Hier hou sy haar indiensnemingsfoto van 30 jaar gelede vas. 


Kapt. Hannelie van Heerden van die polisie op Mookgophong het op Maandag, 2 Oktober, ná 30 jaar diens uit die polisie getree. 

Van Heerden was die ondersteuningshoof en die finansies-, logistiek-, menslike hulpbronne- en registrasieafdelings het onder haar geval. 

“Aan die begin was daar nie selfone of e-posse om inligting deur te stuur nie. Inligting het sewe dae geneem om by jou uit te kom,” het Van Heerden vertel oor die vroeë dae in die polisie.  Sy het gesê die polisie was baie goed vir haar, maar dat dit nou tyd is om te groet. “Dit is nou tyd vir my om meer vir my familie te beteken en om te rus.” 

Van Heerden het van gr. 10 (destyds st. 8) af op Mookgophong skoolgegaan en is ná skool Pretoria toe, waarna sy na die polisiekollege toe is. Sy het as konstabel na Mookgophong teruggekeer en is later bevorder na adjudantoffisier, sersant en kaptein. 

“Ek gaan my kollegas baie mis. Sonder hulle kan ’n mens nie hoogtes bereik nie. As ek terugdink aan my 30 jaar in die polisie, sal ek dit presies net so wil oorhê. Dit was regtig wonderlik. Dankie aan almal wat my bygestaan en gehelp het om die polisievrou te wees wat ek is.”

Kapt. Sarie Weideman sal die leisels by Van Heerden oorneem en het aan Die Pos gesê sy gaan Van Heerden baie mis. “Dit was altyd lekker om saam met haar te werk. Sy het altyd probeer om ’n mens te help waar sy kan.”

Volgens ao. George Ledwaba, polisiewoordervoerder op die dorp, verloor die polisie ’n uiters bekwame polisievrou. “Sy is ’n goeie beampte en was altyd vriendelik. Ons hoop sy geniet haar rustyd,” het hy gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories