HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Nuwe lekkertes vir lesers


   13 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 34   l   11 days ago  

 


Die Leeskring op Modimolle het weer splinternuwe boeke gekoop om by hul versameling van reeds meer as 2 000 te voeg. 

Die nuwe Afrikaanse boeke op die rak is Marié Heese se Maestro, Chanette Paul se Paaiboelie, Zuretha Roos se Die Verdwyning van Mina Afrika, Paul-Constant Smith se Goud kan nie Roes nie, Dana Snyman se Op pad: ’n Reisjoernaal, Etienne van Heerden se Die Wêreld van Charlie Oeng en Lem deur Peet Venter

Die nuwe Engelse boeke is Sting deur Sandra Brown, The Absence of Guilt deur Mark Gimenez, John Grisham se The Whistler, Greg Iles se The Bone Tree, Stephan Leather se Take Down, Tony Park se Red Earth, J.D Robb se Echoes in Death, Nora Roberts se The Obsession en die immergewilde Wilbur Smith se The Tiger’s Prey.  

Die Leeskring is op dieselfde beginsel as ’n biblioteek geskoei. ’n Eenmalige aansluitingsfooi van R50 is betaalbaar, asook jaarlikse ledegeld van R50. Dit kos R7 om ’n boek uit te neem. Dié geld word gebruik om nuwe boeke te koop. Die Leeskring is van Maandae tot Donderdae tussen 09:00 en 12:00 oop en weer van 14:00 tot 17:00. Dit is geleë in Steve Tshwetestraat (voorheen Hospitaalstraat) 13. 

Vir meer inligting bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories