HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Dorp se uitdagings by vergadering bespreek


   13 October 2017   l   Carina Bester    l   Views: 247   l   11 days ago  

 

Desirée van der Walt, DA-LP, het op Woensdag, 27 September, ’n gemeenskaps-vergadering op Mookgophong bygewoon om munisipale sake met inwoners te bespreek. By haar op die foto is Bianca Mocke en Hercules Louw, DA-raadslede.


’n Gemeenskapsvergadering is op Woensdag, 27 Oktober, met lede van die Mookgophong-gemeenskap, DA-raadslede en DA-LP Desirée van der Walt gehou om probleme en sake rakende die gemeenskap en munisipaliteit te bespreek.

Van der Walt het die vergadering begin deur die koalisie met die ander partye te verdui-delik en gesê die koalisie tussen die DA en die ander partye is ’n kontrak. 

Sy het aan inwoners gesê hulle ervaar tans probleme op bestuursvlak “As jy nie geld, bestuurders of die regte personeel het om verandering mee te bring nie, kan dinge nie vinnig verander nie.” 

Sy het gevra dat inwoners hulle nie aan die moontlike mosie van wantroue teen die DA-bestuur steur nie en gesê dit mag gebeur, maar dit kan dalk ook nie gebeur nie. 

“Ons sal proaktief wees. Daar is planne beraam. Ons sal julle nie net los nie,” het sy inwoners verseker. 

Hercules Louw, DA-raadslid, het terugvoer aan die gemeenskap gegee oor die stand van sake wat munisipale projekte betref. Die nuwe waterpyplyn op die dorp is vervang en vol-tooi, maar die pyplyn het ongelukkig nie die toets deurstaan nie aangesien die laste uitgetrek het toe die pyplyn getoets is. 

Herstelwerk word tans aan die pyplyn gedoen, het Louw gesê. 

Volgens Louw is die elektriese verspreiding steeds ’n probleem op die dorp. Daar is in die begroting voorsiening gemaak vir die aankoop van ’n kragopwekker sodat die pompe steeds sal werk al is die krag af. 

Die groot rioolprobleem in Uitbreiding 6 is ook bespreek en Louw het vertel die munisipaliteit het ’n nuwe rioolpyplyn gebou aangesien die vorige raad die pyplyn agt grade opwaarts gebou het pleks van agt grade afwaarts, wat die oorsaak van die probleem is. “’n Nuwe aanjaerpompstasie is gebou en hierdie stasie is reeds voltooi, maar die elektriese koppeling moet nog gedoen word.”

“Dit gaan ongeveer R50 miljoen kos om die dorp se kragnetwerk op te gradeer. 

Die berekenings is reeds ge-doen, maar dit moet nog by die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) bygewerk word. Daar is werklik baie instandhouding wat aan die elektrisiteitsinfrastruktuur gedoen moet word.”

Die rekeningafdeling is vir ons almal ’n kopseer, het Louw gesê. Hy het gesê die burgemeester gee persoonlik aandag aan dié probleem.

Volgens Van der Walt evalueer die DA hul raadslede en indien raadslede nie hul werk doen nie, moet dit aan haar gerapporteer word. “Dit is vir my belangrik dat ons julle dien. Ek is ’n dienskneg van die mense. Ons wil ons dorpe laat werk en ons mense gelukkig hou.” 

Oor die groot Eskom-rekening wat die munisipaliteit moet vereffen het sy gesê Eskom het ’n fout gemaak om nie die kragtoevoer af te sny toe dorpe agterstallig geraak het nie. “Eskom is aangesê dat hulle nou besig is om plaaslike ekonomie te kniehalter, aangesien sakeondernemings nie sake kan doen nie en as jy nie sake kan doen nie, kan jy nie mense in diens neem nie. Om diens te lewer en werk te skep is die land se groot uitdaging.” 

Die probleem is as Eskom die kragtoevoer afsny, sny hulle nie net een huishouding nie, maar die hele dorp se krag. 

Die trokprobleem op die dorp kan ook eersdaags iets van die verlede wees nadat die munisi-paliteit ’n mondelinge aanbod ontvang het van iemand wat aangebied het om nuwe oornag-plek vir trokke met al die geriewe te bou, het Louw gesê. Al wat die munisipaliteit kort, is die grond. 

’n Inwoner het tydens die vergadering genoem dat daar ’n munisipale verordening wat trokke verbied om tussen 22:00 en 06:00 in die munisipale gebied te wees. Van der Walt het gesê sy sal van Oktober af elke tweede Maandag van die maand op die dorp wees om inwoners te help. “Bring julle rekeninge, verkieslik ’n afskrif of enige ander munisipale klagte, solank jy oor die munisipaliteit wil kla en jy kan bewys dat jy daar was en hulle het jou nie gehelp nie. Ek sal self probeer help.” Indien ek sien ek brand vas, sal ek die raadslede vra om te help, het sy gesê. 

“Ek sal probeer om by almal uit te kom. Ek sal in die parkeer-area by die munisipaliteit sit of in ’n parkeerarea by een van die inkopiesentrums of in Phomo-long, maar ek sal op die SMS-groep laat weet waar ek is, het sy gesê. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories