HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Land se hekelkoningin kuier op Vaalwater


   13 October 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 14   l   11 days ago  

 

Karen Adendorff het op Saterdag, 7 Oktober, ’n hekelwerkwinkel op Vaalwater aangebied. Saam met haar op die foto is Nadine Goddard, organiseerder van die werkwinkel.


Karen Adendorff, of die hekelkoningin soos die media haar gedoop het, het op Saterdag, 7 Oktober, ’n uitmuntende werkwinkel vir die vroue van Vaalwater aangebied. 

Adendorff is op Hartebeespoort gebore en getoë en het in 1990 gematrikuleer. Sy het haar BA-graad aan die Noordwes-Universiteit voltooi en daarna teruggekeer na Pretoria om haar honneurs- en meestersgraad in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria te voltooi. 

“Ek was ’n studieverslaafde en het sommer so tussendeur kursusse soos Russies, bemarkingsbestuur, binnehuisversiering en ondernemingsbestuur vir die pret studeer,” het Adendorff laggend vertel. 

Adendorff is met Jaco Adendorff, ’n musikale en kreatiewe chemiese ingenieur, getroud en het twee pragtige kinders, Andreas (11) en Katja (8).

Adendorff was 10 jaar ’n uitgewer van niefiksie by Lapa Uitgewers. In hierdie tydperk het sy bykans 100 boeke die lig laat sien, maar is ook die outeur en samesteller van verskeie topverkopers.

“Ek was die aanbieder van die kreatiewe herwinningsprojekte op die kykNET-program Droomhuis en lewer handwerkbydraes vir verskeie tydskrifte soos Vrouekeur, Idees en Lig,” het Adendorff gesê.

Adendorff is by hekelgroepe op sosiale mediaplatvorms betrokke, het haar eie blog, A hankidoriday — my beautiful chaos, en bied regoor die land werkwinkels aan. 

Volgens Nadine Goddard, eienaar van ’n geskenk- en kunsvlytwinkel en organiseerder van die werkwinkel, was die werkwinkel ’n reusesukses. “Daar was vroue van Vaalwater, Lephalale en Thabazimbi en hulle het geblom,” het Goddard gesê. 

Adendorff het verskeie tegnieke en patrone met die vroue behandel en hulle kans gegee om dit self te probeer bemeester, het Goddard gesê. 

“Hekel maak jou kop stil en hou jou hande besig, die kreatiewe uitlaatklep is nie net terapeuties nie, maar ook verslawend,” het Adendorff aan die vroue verduidelik. “Die positiewe verslawing ruk mense uit hul eensaamheid, depressie, seer en verveeldheid. As ’n mens skep, is jou verwysingsraamwerk en uitkyk op die lewe meer positief,” het Adendorff gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories