HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

AfriForum sê hulle wil oues van Salusoord help


   11 August 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 66   l   2 months ago  

 


AfriForum het op Maandag, 7 Augustus, in ’n brief aan die Bela-Bela-munisipaliteit geëis dat die uitsettingskennisgewing waarin beveel word dat alle Salusoord-inwoners teen Vrydag, 11 Augustus, ontruim moet wees, teruggetrek word.

Luidens dié kennisgewing is die inwoners tot om 12:00 die Vrydagmiddag tyd gegee om van die grond af te wees omdat die meeste van die inwoners nie aan die algemene erkende rekeningkundige praktykbeleid (Grap 16) voldoen nie. Die grond is hoofsaaklik vir munisipale werkers beoog en die meeste van die inwoners wat nou daar woon voldoen nie aan dié vereiste nie.  

Die kennisgewing het verder gelui indien die mense versuim om te trek, die munisipaliteit om ’n hofbevel aansoek sal doen sodat die ontruiming kan plaasvind. 

Die Pos het vroeër by die munisipaliteit verneem dat eiendomme onderlangs uitverhuur is sonder dat die munisipaliteit daarvan bewus was.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder in Limpopo, het by navraag gesê die redes vir die uitsetting is vaag aangesien daar geen verduideliking is oor wat die Grap 16-beleid presies behels nie. 

“Die grondwet bepaal dat almal die reg het tot voldoende behuising en niemand mag ontruim word sonder dat ’n hofbevel bekom is wat al die relevante omstandighede in ag geneem het nie. As die munisipaliteit só ’n drastiese besluit wil maak, moet hulle dit op ’n wettige manier doen en nie soos hulle dit tot dusver gedoen het nie.” 

Grobbelaar het voorts gesê indien die munisipaliteit die stuk grond beter bestuur het, sou dit nie nodig wees om mense uit hul huise te sit nie.

“Ingevolge die handves van menseregte is daar geen wet wat die munisipaliteit die reg gee om ’n ontruimingskennisgewing aan die inwoners van Salusoord te stuur nie. Voordat die munisipaliteit ’n uitsettingshofbevel kan bekom, sal hulle eers bewyse van alternatiewe verblyf moet verskaf.”

Janes Boshoff, AfriForum-takvoorsitter op Bela-Bela, het gesê die tak sal nie toekyk hoe die munisipaliteit mense haweloos laat weens swak bestuur nie. Hy het gesê hulle sal vir ’n positiewe uitkoms veg.

AfriForum het in hul brief geëis dat die munisipaliteit antwoorde moet verskaf oor die uitsetting en ook dat die ontruimingskennisgewing teruggetrek word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories