HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Hoenderplaas se werkers staak steeds oor lone


   14 July 2017   l   Carina Bester    l   Views: 123   l   4 months ago  

 

Lede van die Food and Allied Workers Union het weer op Maandag, 10 Julie, gestaak en ’n memorandum aan die polisie en die bestuur van Spif-hoenderplaas buite die dorp oorhandig.


Ontevrede lede van die Food and Allied Workers Union (FAWU), wat ook werknemers is van die Spif-hoenderplaas buite die dorp,  het op Maandag, 10 Julie, ’n optog op Mookgophong gehou en ’n memorandum aan die polisie en die Spif-bestuur oorhandig. 

Die Pos het vroeër berig FAWU-lede staak sedert Donderdag, 18 Mei, weens ’n loongeskil en dring ook aan op ’n verhoging. Die lede en die polisie het op Vrydag, 30 Junie, slaags geraak, waarna die polisie rubberkoeëls op die betogers gevuur het. Ao. George Ledwaba, polisiewoordvoerder op Mookgophong, het vroeër gesê twee stakers is lig beseer tydens dié betoging. 

Op 10 Julie het betogende lede ’n memorandum aan die stasiebevelvoerder, lt.kol. Kiba Kekana, oorhandig en daarna rustig en singend na Spif gestap. Die verkeersdepartement het die verkeer in die dorp tydens die optog gereguleer terwyl die polisie voor en agter die lede gery het.   

Die lede het met hul aankoms by Spif twee rooi en wit linte wat voor die ingang van die plaas gespan was, gebreek en tot teenaan die veiligheidshek gestap. Daar het hulle hul ontevredenheid gewys deur saam te sing totdat die memorandum voorgelees is. Luidens die memorandum eis die werkers ’n beter salaris, bonusse sonder enige voorwaardes, asook beter werksomstandighede. Hulle eis ook dat transformasie vinniger in die maatskappy moet plaasvind. 

Kevin Traviss, besturende direkteur van Spif, het vroeër aan Die Pos gesê die werkers kry wel bonusse, wat gegrond is op teenwoordigheid.

Peter Mashishi, provinsiale voorsitter van FAWU, het aan Die Pos gesê indien daar nie aan hul eise gehoor gegee word nie, sal hulle oor sewe dae weer na Spif opruk. 

Traviss het bevestig dat hulle wel die memorandum met eise ontvang het en gesê die maatskappy bly vasbeslote om met die onderhandelinge voort te gaan in ’n poging om die staking te beëindig. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories