HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Voorsitter klim in hok vir studiefonds


   14 July 2017   l   Carina Bester    l   Views: 448   l   4 months ago  

 

Johan de Beer, takvoorsitter van Solidariteit Helpende Hand, het op Maandag, 10 Julie, in dié hok geklim om geld in te samel vir Helpende Hand se Sente vir Studente-projek. 


Johan de Beer, takvoorsitter van Solidariteit Helpende Hand op Mookgophong, het tydens die Bokkieweek wat by Hoërskool Hans Strijdom gehou is, in ’n hok gesit om geld in te samel vir Helpende Hand se studiefondsprojek, Sente vir Studente. 

De Beer het op Maandag, 10 Julie, in die hok geklim en twee dae later uitgeklim ná R100 000 vir die fonds ingesamel is. Die projek is in drie fases verdeel en ’n sekere bedrag moes tydens elke fase ingesamel word. De Beer het gesê die eerste fase simboliseer basiese behoeftes en R25 000 moes ingesamel word alvorens hy kos, water, ’n Bybel, bed of beddegoed kan kry. Tydens die tweede fase moes R35 000 ingesamel word en dié fase simboliseer psigologiese behoeftes soos vermaak, tegnologie en geselskap. Die derde en laaste fase simboliseer selfverwesenliking en R40 000 moes tydens dié fase ingesamel word. 

Volgens De Beer simboliseer die hok die minderbevoorregte leerders wat verder wil studeer, maar nie oor finansiële hulpbroone beskik nie, se omstandighede. Die Helpende Hand-tak op die dorp help leerders van Hoërskool Hans Strijdom wat ná matriek verder wil studeer. Dit is die derde jaar dat hulle geld op ’n kreatiewe manier insamel, het hy gesê. “Ons het nege aansoeke vir studiehulp ontvang en kon al nege help. Die projek moet al groter word sodat ons steeds die nege studente kan ondersteun, asook nuwe leerders wat aansoek doen.”

Teen Dinsdagmiddag, 11 Julie, het Corné Pohl, lid van Helpende Hand op Mookgophong, gesê dat De Beer “vrygelaat” is nadat die R100 000-kerf binne twee dae bereik is. ’n Anonieme skenker van die Kaap het R20 000 geskenk.

Pohl motiveer ander dorpe om ook studiefondse vir hul leerders te begin. 

Mense wat betrokke wil raak by Helpende Hand of ’n bydrae tot die studiefonds wil lewer, kan vir Pohl bel by tel. 083 356 6463.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories