HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Hernuwingsklousule in wet ongrondwetlik


   14 July 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 60   l   4 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Lede van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) is tevrede nadat regter Ronel Tolmay op Dinsdag, 4 Julie, in die hooggeregshof in Pretoria uitspraak gelewer het dat die klousule oor die hernuwing van lisensies in die vuurwapenbeheerwet ongrondwetlik is.

Die SAJWV het die aansoek gebring teen die minister van veiligheid en sekuriteit aangesien die SAJWV van mening is dat die vuurwapenlisensiehernuwingsproses in terme van die vuurwapenbeheerwet (art. 24 en 28) ongrondwetlik is.

Dié wetgewing sê dat lisensiehouers 90 dae voor hul wapenlisensies verval, heraansoek moet doen. Handwapen-lisensies is geldig vir vyf jaar en jaggewere vir tien.

Wanneer die geldigheid van die lisensie egter verval het, moet die houer in kennis gestel word dat dit verval het, dat hy of sy in besit is van ’n onwettige vuurwapen en moet die wapen dan by hul naaste polisiekantoor ingehandig word. 

Wanneer die wapen vrywillig oorhandig word, sal die persoon nie vervolg word nie, lui die wet. 

Argumente is in die hof gemaak dat die wetgewing indring teen gelykheid en eienaarskap. Die SAJWV het verder geargumenteer weens die gebrekkige administrasie wat lisensies hanteer, loop eienaars die risiko van vervolging en dat hulle van hul vuurwapens ontneem kan word indien hulle nie binne die 90 dae heraansoek vir oorweging gedoen het nie.

Tolmay het in haar uitspraak gesê alle vuurwapenlisensies wat geldig is of hernu moet word, is steeds geldig totdat die grondwethof die grondwetlikheid van die wetgewing oor uitspraak gelewer het.

Tolmay het die regering 18 maande gegee om die wetgewing (art. 24 en 28) te wysig.

Kapt. Jacques Vierbergen van die Bela-Bela-polisie het by navraag gesê wapenlisensies wat steeds geldig is moet weer hernu word wanneer dit verval, maar op hierdie stadium hoef eienaars wie se lisensies verval het dit nie te hernu totdat die grondwethof uitspraak oor die saak gelewer het nie.

“Wapeneienaars mag op hierdie stadium hul wapens op ’n wettige wyse aanwend en selfs daarmee rondry. Maar indien daar mense is wat nie meer wapens wil hê nie mag hulle dit steeds by hul naaste polisiestasie inhandig,” het Vierbergen gesê.

Vir navrae kan die Bela-Bela-polisie se vuurwapenafdeling bereik word by tel. 014 736 9704.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories