HOOFSTORIES: •   Bekende boer sterf tragies   •   Leeus spring vergiftiging vry   •   Haarkapper dood in motorhuis gevind   •   Man by reservaat beroof en vasgebind   •   Fondsinsameling vir kankerlyertjie   •   Epilepsielyer breek rugwerwel   •   Bekende prokureur ontken skuld   •   Ongeluk eis vrou se lewe   •   Vrou met honderde katte vra hulp   •   Verkeersman rol motor   •   Diewe weer doenig op Noodhulp   •   Warries vier 70 goue jare   •   Vaalwater musician going places   •   Klub Helpmekaar groet staatmaker   •   Polisie hou bewusmakingsdag   •   Godsdiens steeds in skole   •   Spelers presteer goed tydens Bokkieweek   •   Local student studied in Cuba   •   Fly in weer ’n hoogtepunt
 

 
 

 

Hansie-onnie woon ruimtekamp by Nasa by


   14 July 2017   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 55   l   10 days ago  

 

Gerda Swanepoel, onderwyser en departementshoof by Hoërskool Hans Strijdom, het in Junie na Amerika gereis om aan ’n wêreldwye ruimteprogram deel te neem.


Vir die meeste van ons is die buitenste ruimte en ruimtereise net ’n vergesogte droom, maar vir Gerda Swanepoel, departementshoof van wetenskap en wiskunde by Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong, het dit ’n werklikheid geword toe sy in Junie na Amerika gereis het as deel van ’n wêreldwye ruimteprogram.

Die eer het haar te beurt geval toe Honeywell Educators at Space Academy (HESA) haar geborg het om van 22-27 Junie na die Amerikaanse staat Alabama te reis. “Ek was ongelooflik bevoorreg om vanjaar een van die gekeurde onderwysers te wees wat hierdie ruimtekamp by die Universiteit van Alabama in Huntsville kon bywoon,” het sy aan Die Pos gesê.

Daar was 160 onderwysers van 33 lande en 45 state van Amerika. Vyf van die onderwysers was van Suid-Afrika. Hulle was elk toegerus met ’n Honeywell T-hemp vir elke dag en ’n ruimtepak wat vir verskeie aktiwiteite aangetrek moes word. Dit was ’n vol program en hulle was elke dag van 07:00 tot 19:00 besig, het sy gesê. Die ruimtekamp is op die terrein van die ruimtemuseum by die universiteit gehou. Volgens Swanepoel was dit ’n unieke ervaring om tussen al die prototipes van vuurpyle wat deur Nasa se ruimteprogram ontwikkel is, te beweeg. 

“’n Aktiwiteit wat vir my uitgestaan het, is die sending na Mars en die terugbring van twee ruimtemanne na die aarde, uitgevoer deur ’n nabootsruimtevaartuig wat deur ons groep bestuur is,” het sy gesê. Die groep is deur verskeie persone toegespreek wat ’n blywende indruk op haar gelaat het, het sy gesê. 

Een van die sprekers was Homer Hickam, wat as kind (1967) self ’n vuurpyl vir ’n skoolprojek gebou en die ruimte ingestuur het. ’n Film, October Sky, is later daarvan gemaak. Ander sprekers was ’n ruimtevaarder wat verskeie sendings in die ruimte meegemaak het, asook die bevelvoerder van die ruimteprogram van Nasa tydens die maanlandingsending. “Wat uniek is, is die feit dat die beeldmateriaal wat aan ons vertoon is, geklassifiseerde inligting van Nasa is en ek beskou dit weer eens as ’n voorreg om dit te kon sien,” het sy vertel.

Die week is afgesluit met ’n gradeplegtigheid waartydens elkeen ’n sertifikaat ontvang het en ’n dinee is daarna in die saal tussen al die ruimtetuie gehou. 

Lewenslange vriendskappe is tydens die week gesluit tussen onderwysers van onder meer Roemenië, die Tsjeggiese Republiek, Meksiko, Amerika, Japan, en natuurlik Suid-Afrika, het Swanepoel gesê. Hierdie groep onderwysers is elkeen terug na hul eie land en skool met nuwe energie en geesdrif, asook hope nuwe idees vir implementering in die klaskamer. 

Swanepoel het haar dank uitgespreek teenoor die Honeywell-maatskappy wat hierdie verrykende ervaring vir haar moontlik gemaak het. Ná alles is die woorde van dr. Wernher von Braun, die vader van die ruimtekamp iets om altyd te onthou: “All one can really leave one’s children is what is inside their heads. Education, in other words, and not earthly possessions, is the ultimate lecacy, the only thing that cannot be taken away”. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories