HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Sinkhuise langs stortingsterrein al meer


   15 June 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 484   l   6 months ago  

 

Een van die talle sinkhuise wat op die oop stuk munisipale grond oorkant die vliegveld op Modimolle opgerig is. Die munisipaliteit het in Februarie ’n tussentydse hofbevel gekry wat grondbesetters verhoed om op dié stuk grond te plak.


Die aantal sinkhuise in die oop stuk veld langs die stortingsterrein op Modimolle is aan die toeneem.

Dít ten spyte van ’n tussentydse hofbevel wat in Februarie aan die Modimolle-munisipaliteit toegestaan is wat beveel het dat grondbesetters dié deel moet ontruim. ’n Raadsbesluit is ook in Februarie geneem dat die besetting van dié stuk grond, wat bestem is om as woongebied ontwikkel te word, nie mag voortgaan nie.

Sinkhuise is plek-plek opgerig en die 10 m x 10 m erwe omhein. Dit is duidelik dat die strukture bewoon word met motors wat langsaan geparkeer is en wasgoed wat buite hang.

Van die besetters het selfs twee weke gelede grondverskuiwingsmasjinerie gebruik om erwe te ontbos.

Marlene van Staden, burgemeester van die LIM368-munisipaliteit, het gesê sy het OP Sebola, munisipale bestuurder, herhaaldelik opdrag gegee dat daar by die hofbevel se bepalings gehou moet word. “My versoeke word egter geïgnoreer,” het sy gesê. Volgens wet is slegs die munisipale bestuurder by magte om die polisie te versoek om namens die munisipaliteit op te tree.

Die Pos het vroeër berig dat erwe op die stuk grond reeds sedert Donderdag, 19 Januarie, deur gretige inwoners opgeëis is, glo onder aanmoediging van die plaaslike politieke leiers. Sowat 700 mense het tougestaan sodat die grond aan hulle “toegeken” kon word.

Tydens die raadsvergadering wat op Maandag, 30 Januarie, gehou is, is ’n resolusie egter aanvaar dat niemand hulle daar mag vestig voordat sekere maatreëls getref is nie. Die DA en die ANC het hulle daarteen uitgespreek dat mense daar woon sonder dat daar enige dienste soos water, elektrisiteit en riool voorsien word. Die raad moet die begroting vir die dienste wat op die grond gelewer moet word opsysit en die toedeling van die grond moet geskied volgens die HOP-standaarde wat deur die departement van samewerkende regering, menslike nedersetting en tradisionele sake (Coghsta) vasgestel is, het die resolusie bepaal.

Die mense wat grond begin ontbos het om wonings op te rig, het gehoor gegee aan die munisipaliteit se versoek en hoewel hulle hul erwe afgemerk en omhein gehou het, het die meeste nie huise opgerig nie.

Van die grondbesetters het vroeër aan Die Pos gesê daar is ’n tekort aan woonplek in Phagameng en dat tot soveel as 12 mense in ’n tweevertreksinkhuis woon.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories