HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

AfriForum sê gehalte van water is goed


   15 June 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 246   l   2 months ago  

 


Suid-Afrika se dreigende waterkrisis is op almal se lippe, maar die water wat ons drink, is darem nog skoon.

AfriForum het in Mei die water in Phalaborwa, Makhado, Marble Hall, Modimolle, Mookgophong, Bela-Bela, Tzaneen, Polokwane, Haenertsburg en Vaalwater getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- en rioolwater te bepaal. 

“Ons het vasgestel dat die drinkwater in die provinsie skoon is en geen swaarmetale bevat nie en die bakterieë-vlakke voldoen aan toepaslike standaarde. Ons sal die watergehalte deurlopend toets om die grondwetlike regte van dorpsbewoners te beskerm om seker te maak dat hulle van skoon drinkwater voorsien word,” het Jaco Grobbelaar, AfriForum se koördineerder in Limpopo, aan Die Pos gesê.

AfriForum is egter bekommerd oor die rioolwaterstandaarde.

“Ons moet aandag aan rioolaanlegte gee en nie toelaat dat munisipaliteite ons waterhulpbronne besoedel nie. Ons is van plan om dit te hanteer op grond van die mandaat wat deur inwoners aan ons gegee is,” het hy gesê.

Hy het voorts gesê AfriForum se omgewingsake-afdeling is besig om planne te beraam om die probleem uit die weg te ruim. Die algehele verslag oor die toestand van water en riool, sal teen einde Junie uitgereik word, het hy gesê.

Die projek staan bekend as AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Die projek fokus nie noodwendig op die toestand van die rioolaanleg nie, maar eerder op die watergehalte wat ná afloop van die proses as drinkwater (blou) of rioolwater (groen) geklassifiseer word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories