HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Trek die stapskoene aan


   15 June 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 65   l   2 months ago  

 


Dit is weer een van die dae vakansietyd en dit is nie almal beskore om wildtuin of see toe te gaan nie.

Vir mense wat van akti-witeite hou en lief is vir die natuur, is daar nie ’n beter manier van vakansiehou as om ’n voetslaanroete aan te durf nie.

In ons eie gebied is daar heelwat roetes by Vaalwater, Bulgerivier, Modimolle en Mookgophong. Die meeste wildplase en vakansieoorde het ook dagroetes vir diegene wat nie wil swaar dra nie.

Ervare stappers sal egter gou vertel dat niks kom by ’n vyfdagroete, waar jy vier nagte in hutte of die veld deurbring en vyf dae se voorraad in jou rugsak het nie.

Om so ’n roete aan te pak, moet ’n mens darem effens fiks wees. Gewoonlik word die moeilikheidsgraad in voetslaanboeke of op kaarte aangedui.

Die noodsaaklikste is egter goeie, uitgetrapte skoene, ’n ordentlike rugsak, ’n slaap-sak, waterbottel en ligte (maar genoeg) kos en jou waterbottel.

Moet nooit met nuwe skoene gaan stap nie. Trap hulle eers behoorlik uit. Blase op jou voete bederf jou hele staptog en ook dié van die ander stappers. Die meeste ervare stappers sê hulle gebruik wolkouse en trek ’n dun en dik paar oormekaar aan om blase te voorkom. Ander verkies weer om ’n paar kort sykousies onder die dik kouse aan te trek.

Wanneer dit egter voel of jou skoen jou skaaf, stop dadelik en plak ’n dik pleister oor die gevoelige plek om seker te maak die wrywing is tussen die pleister en die skoen en nie tussen jou voet en die skoen nie.

Lekker ligte kos is belangrik omdat die gewig wat een persoon kan dra, beperk is. ’n Volwasse man kan tot ’n derde van sy liggaamsgewig dra terwyl ’n vrou net ’n kwart moet dra. Alles moet in die rugsak en dit sluit in water, kos, klere, slaapsak en noodhulpvoorraad. Moet niks in jou hand dra nie, behalwe dalk ’n stapstok as jy dit verkies.

Goeie rugsakke kos baie, maar ’n mens koop dit slegs een keer in jou lewe. Vir ’n vrou is ’n 65 liter een ideaal— dit voorkom dat sy te veel goed wil inpak, terwyl ’n man maar die groter een kan neem. Die meeste van hierdie goeie rugsakke het ’n lewenslange waarborg.

Vir voornemende stappers is ’n goeie stapgids beslis aan te bevele. Gaan maak gerus ’n draai by  ’n goeie boekwinkel en vra vir raad.

Dit is altyd raadsaam om jou eerste lang staptog saam met ervare mense te onder-neem. Verkry vooraf genoeg inligting oor wat om saam te neem en die roete self. Dit sal beslis net die eerste van baie voetslaanroetes wees —mits die tog reg aangepak word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories