HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Dít is hoekom Jeugdag herdenk word


   15 June 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 122   l   2 months ago  

 

Dié aangrypende foto van twee kinders (Mbuyisa Makhubo en Antoinette Sithole) wat met ’n sterwende Hector Pieterson deur die strate hardloop nadat hy op 16 Junie 1976 deur die polisie geskiet is, is wyd die wêreld ingestuur.  Dié foto van Sam Nzima is wêreldbekend.


Dis met dankbaarheid dat die meeste mense die komende langnaweek binne steier: tyd om te rus.

In die geharwar van die daaglikse lewe glip die betekenis van dié vakansiedag en die rede waarom dit herdenk word, egter meestal by ons verby. Vrydag, 16 Junie, is Jeugdag.

Die ouer garde sal dié dag in 1976 onthou as ’n dag wat ’n groot keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis gebring het. Duisende skoolkinders het die strate van Soweto in Johannesburg ingevaar in protes teen die Wet op Bantoe-onderwys van 1953.

Van hul griewe was verpligte onderrig in Afrikaans en Engels eerder as hul moedertale. Nadat die polisie traangas en lewendige ammunisie op die jong betogers afgevuur het, het die opstande handuit geruk en landwyd versprei met tienduisende mense wat daaraan deelgeneem het. Verskeie kinders en volwassenes het hul lewens verloor, waaronder Hector Pieterson.

Persfotograaf Sam Nzima het die aangrypende foto geneem van twee kinders wat met ’n sterwende, 14-jarige Pieterson deur die strate hardloop. Dié foto is die wêreld ingestuur en het die gety téén die apartheidsregering laat draai.

Hoewel vandag se jeug se probleme ver van verby is en kwaliteit-onderwys stééds een van hul grootste uitdagings is, lyk hul toekoms tog meer rooskleurig as 40 jaar gelede. Talle uitstygers het die afgelope 23 jaar bewys dat geleenthede wink vir dié wat kreatief dink en hard werk.

Jonges in die land se vooruitsigte het wel verbeter. Volgens Statistiek SA het meer mense toegang tot elektrisiteit en ordentlike huise. Mediese sorg is meer toeganklik vir duisende. Dinge waarvan egter dringend werk gemaak moet word, is korrupsie wat vererger het, jonges wat nie meer stembus toe gaan nie en ’n hoë werkloosheidsyfer. Die jeug se stryd is lank nie verby nie. Bronne: SA History Online, BrandSouthAfrica.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories