HOOFSTORIES: •   Gru-ongeluk eis twee lewens   •   Foreign nationals targeted   •   Dak van vulstasie windskeef ná trok stamp   •   Geen skoon oudit vir Limpopo-munisipaliteite   •   Nuwe selfoon-slenter   •   Narcotics anonymous wants to expand   •   SAPD-klopjag suksesvol   •   Human trafficking a 'multi-million industry'   •   Brief: Wat is die WARE waterprobleem?   •   Dansers wys hul staal   •   Vuurwarm skolerugby   •   Gholftoernooi in volle swang   •   Coetzee's keep cycling titles in family
 

 
 

 

TLU Suid-Afrika vier 120ste bestaansjaar


   15 June 2017   l   Zani Hiepner    l   Views: 66   l   14 days ago  

 

Die Vaalwater DLU het op Saterdag, 10 Junie, TLU SA se 120ste verjaarsdag gevier. Op die foto is Jaco Kriel (voorsitter van Vaalwater DLU), Louis Meintjies (TLU SA-president), Wilma Prinsloo (Noordstreek sekretaresse) en Drickus Botha (TLU Noord-streekbestuurder).


Die Vaalwater Distrik Landbou-unie het op Saterdag, 10 Junie, die Transvaalse Landbou-unie Suid-Afrika (TLU SA) se 120ste bestaansjaar by Rivieroord op Vaalwater saam met grondeienaars van die omgewing gevier.

Danksy borgskappe en die ondersteuning van die Vroue Landbou-unie kon gaste heerlike pannekoek en braaivleis geniet.

Louis Meintjies, president van TLU SA, was die hoofspreker. Hy het vertel dat TLU SA op 29 September 1897 gestig is. TLU SA verteenwoordig grondeienaars sedert 1897 met die groot uitdagings wat landbou betref, het hy gesê.

Meintjies het vertel hoe die Anglo-Boe-reoorlog in 1899 uitgebreek het en landbou deur Engeland se verskroeide aarde-beleid vernietig is.

Duisende vroue en kinders het in die konsentrasiekampe gesterf en alle vee is van kant gemaak.

Volgens Meintjies het TLU SA die oorlog saam met die boere oorleef en met die deelname van TLU het die departement van landbou, landbouproefplase, besproeiingskemas en die stigting van die Transvaalse Veetelers Vereniging ontstaan.

Die Landbank is in 1905 gestig om finansiële bystand aan boere te verskaf en om voedselsekuriteit in die land te bewerkstellig.

“Landbou is een van die grootste werkgewers en dien as ’n groot ekonomiese inspuiting vir die meeste klein plattelandse dorpies. TLU SA is trots om steeds deel van die opheffing van boere in ons land te wees,” het Meintjies gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories