HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Dorp se ligte bly (vir eers) aan


   09 June 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 713   l   4 months ago  

 


Inwoners van Modimolle, Mookgophong en Vaalwater kan danksy ’n staatstoelae van etlike miljoene (vir eers) ’n sug van verlig-ting slaak: die ligte bly aan. 

Die Pos het vroeër berig die LIM368-munisipaliteit se Eskom-rekening is twee maande agterstallig en hulle het kennis van die kragvoorsiener ontvang dat die uit-staande R24 miljoen binne enkele weke betaal moet word of die krag word afgesny. 

Marlene van Staden, burgemeester, het gesê die munisipaliteit het in Julie ’n on-voorwaardelike toelae van die regering ontvang en dié geld sal  gebruik word om die Eskom-rekening te delg. “Ons is veilig — vir nou,” het sy gesê.

“Ons kan egter nie elke keer op die toelae staatmaak nie en moet planne maak om die munisipaliteit se inkomste te verhoog,” het sy gesê. Volgens haar is daar elke week ’n lys van huishoudings en ondernemings wie se elektrisiteit afgesny word omdat hulle agterstallig is. 

“Ons het ook die hulp van ’n firma, Com-perio, ingeroep om te help om agterstallige skuld in te samel. Hulle ondersoek ook die oorsprong van die probleem. Van hul bevindings tot dusver is dat mense se rekeninge foutief is, eiendomme se waardasies nie korrek by die munisipaliteit vasgestel is nie en dat van die rekeninge verlore geraak het tydens die samesmelting van die twee dorpe,” het sy gesê.

Die munisipaliteit het vroeër ’n ooreenkoms met Eskom beding dat solank die maandelikse rekening stiptelik betaal word, die kragtoevoer nie afgesny sal word nie. Volgens die afbetalingsooreenkoms kan die agterstallige skuld, wat meer as R160 miljoen beloop, oor ’n langer tydperk teen ’n laer rente afbetaal word. Die dorp se kragrekening wissel tussen R13,8 miljoen en R14,6 miljoen per maand. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories