HOOFSTORIES: •   Gru-ongeluk eis twee lewens   •   Foreign nationals targeted   •   Dak van vulstasie windskeef ná trok stamp   •   Geen skoon oudit vir Limpopo-munisipaliteite   •   Nuwe selfoon-slenter   •   Narcotics anonymous wants to expand   •   SAPD-klopjag suksesvol   •   Human trafficking a 'multi-million industry'   •   Brief: Wat is die WARE waterprobleem?   •   Dansers wys hul staal   •   Vuurwarm skolerugby   •   Gholftoernooi in volle swang   •   Coetzee's keep cycling titles in family
 

 
 

 

Paasverkeer vloei glad ondanks padwerke


   21 April 2017   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 111   l   2 months ago  

 

Mokone du Preez, waarnemende GPF-voorsitter en sers. Marietjie van der Merwe van die polisie op Mookgophong, tydens hulle diensbeurt.


Met die hoofstraat van Mookgophong waaraan daar al geruime tyd gewerk word, is daar verwag dat die druk verkeer tydens Paasnaweek heelwat probleme sou veroorsaak.

Die Naboomspruit-besigheidsforum, gemeenskappolisiëringsforum (GPF), plaaslike polisie, munisipale en provinsiale verkeersafdelings en wyksraadslede het ’n komitee gestig en met planne vorendag gekom om die verkeer te laat vloei. Veral Thabo Mbekistraat (die hoofstraat) na die noorde is tans ’n groot kopseer. 

Brig. Aneline Steyn, afdelingskommissaris en Marlene van Staden, burgemeester, is genader om te help om planne inwerking te stel om moontlike verkeersprobleme die hoof te bied. 

Om die druk verkeer van Thabo Mbekistraat te verlig, is die hoofstraat op Donderdag, 13 April, in ’n eenrigting van suid na noord verander en motorryers wat die dorp van ’n noordelike rigting binnegekom het, is van 4de Straat tot by 5de Laan herlei.

Die groot uitdaging was om mense by die verskillende stopstrate (dienspunte) te kry wat kon help om die verkeer te reguleer. 

“Die druk verkeer het sonder enige probleme deur Mookgophong beweeg,” het Mokone du Preez, waarnemende GPF-voorsitter op die dorp, gesê. 

’n Oproep van Du Preez het vrugte afgewerp en talle lede van die GPF sub-forum uit Mookgophong het hulp aangebied. Die gemeenskapveiligheidsforum (CSF) en Young Civilians on patrol (Ycop) en selfs twee bejaarde inwoners van die Die Oog-landgoed het hand bygesit.

Van Staden en Steyn het met die indeling van die skofte en die afskop op Donderdag, 13 April, die vergadering by die polisielapa bygewoon. 

Die hele operasie was onder die bevel van lt.kol. Kiba Kekana van die polisie op Mookgophong, terwyl Du Preez in beheer was van die reëlings met die verkeer en die ruil van skofte.

Die skofte was agt uur lank en gemiddeld 20 mense het per skof gewerk. Dit het mans en vroue ingesluit.

Skofte is weer op Maandag, 17 April, by die ingang van die dorp vanaf Modimolle hervat onder beheer van Du Preez en Arrie Opperman, hoof van die verkeersafdeling. Die skofte is ook in 2de Laan en op die hoeke van 3de Laan en 4de Straat hervat, asook by die vierrigtingstop by die Poskantoor en by 5de Laan en 4de Straat waar die verkeer weer terug herlei is na die hoofstraat.

“Die organiseerders kon nie vir ’n beter probleemvrye operasie gevra het nie. Hierdie gesamentlike projek bewys weer dat waar ’n gemeenskap hande vat en saamstaan, niks onmoontlik is nie. Dankie aan die mense wat Donderdag tot Vrydagoggend vir 24 uur aan diens was om hiervan ’n sukses te maak,” het Philip van Staden, voorsitter van AfriForum op Mookgophong, gesê.

“’n Baie spesiale dank aan KPMM, die kontrakteurs wat die padwerke doen, vir al hul hulp en mense wat beskikbaar was om te help met die verkeer,” het Du Preez gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories