HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Net 30 lede van publiek in raadsaal toegelaat


   21 April 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 436   l   6 months ago  

 

Inwoners van Bela-Bela was ontevrede toe slegs 30 lede van die publiek en die media toegang tot die munisipale vergadering verkry het waar die langverwagte KPMG-verslag bespreek is. Op die foto is ’n groep mense buite die munisipale gebou wat ontevrede was met dié reëling.


Die uitslag van die langverwagte KPMG-verslag is ná 11 maande uiteindelik op Dinsdag, 11 April, tydens ’n algemene raadsvergadering van die Bela-Bela-munisipaliteit bekendgemaak.

In die 11 maande waartydens daar gewag is dat die verslag bekendgemaak moet word, het ’n kind tydens gewelddadige betogings in die township gesterf, die burgemeester, Jeremia Ngobeni, se persoonlike voertuig is aan die brand gesteek, munisipale eiendom is beskadig en die gemeenskap het al hoe meer begin glo dat die munisipaliteit probeer om “iets” weg te steek en daarom die verslag van die publiek weerhou. 

Talle lede van die publiek wou die jongste vergadering bywoon. Kennisgewings is egter op dié dag buite die munisipale gebou aangebring dat slegs 30 mense by die vergadering toegelaat sal word “weens die hoeveelheid sitplekke wat beskikbaar is”.

Die Pos het toegang tot die vergadering verkry, maar talle lede van die publiek was ontevrede oor dié reëling en het tydens die verrigtinge buite lawaai gemaak.

Frustrasie het ook vanuit die oppo-sisiebanke weerklink omdat die speaker, Zachariah Moeletsi, weke gelede reeds belowe het dat die verslag bekendgemaak sou word. Die Pos was ook tydens die vorige vergadering teenwoordig waar daar besluit is dat KPMG-verteenwoordigers die verslag op ’n vasgestelde tyd in Maart sou kom voorlê. Dit het nooit gebeur nie.

Die EFF se Sello Moswoeu, die DA se Frans Mothokwa, asook Kobus van der Merwe, lid van die uitvoerende komitee, het daarop aangedring dat die KPMG-kwessie eerste hanteer moet word voordat ander sake bespreek word. Moeletsi het egter by die agenda gehou. Moswoeu het telkemale probeer om die verloop van die vergadering te onderbreek, maar die ANC het voortgegaan om die dorp se middeltermynbegroting, jaarverslag, die munisipale begroting en die diensle-weringimplimenteringsplan, asook die aanvullende begroting vir die komende boekjaar goed te keur.

Die publiek is toe gevra om die raadsaal te verlaat sodat die KPMG-verslag voorgelê kon word. Raadslede het egter  self ’n ruk later onder ’n lawaai by die raadsaal uitgestap. Die Pos verneem betroubaar daar was glo ’n woordewisseling tussen Ngobeni en van die opposisielede wat daartoe gelei het dat die raad verdaag het.

Raadslede was veral ontsteld omdat dit aan die lig gekom het dat ’n KPMG-verteenwoordiger nie teenwoordig was om die verslag aan die vergadering voor te lê nie. Die KPMG-bevindinge is egter beskikbaar gestel en dié punt op die agenda is “afgehandel”. 

* Lees ook: Inhoud van KPMG-verslag ná maande bekend

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories