HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Man dood langs afrit gevind


   21 April 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 186   l   8 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


’n Man is op Dinsdagoggend, 11 April, dood langs sy voertuig by die Codrington-afrit buite Bela-Bela aangetref nadat hy vermoedelik uit sy voertuig geklim en toe ’n hartaanval gehad het. 

Kol. Abel Phetla, speurtakhoof op die dorp, het aan Die Pos gesê die man het geen sigbare beserings gehad nie en geen vuilspel word in hierdie stadium vermoed nie.

Elri Arlow, voorsitter van die Bela-Bela Crime Support-groep (BBCS) wat op die toneel was, het by navraag gesê hulle het ongeveer 07:30 op die man afgekom. Die voertuig, wat glo deur die man self bestuur is, was gesluit.

APA-ambulansdienste is ontbied, maar daar word vermoed dat die man toe reeds ure tevore dood is.

“Ons verneem die man het ’n voertuig na ’n kliënt wat vir ’n maatskappy op Tzaneen werk, geneem en toe teruggery het. Die man het omstreeks 01:20 die Dinsdagoggend deur die Kranskop-tolhek gery en moes om een of ander rede langs die pad stilgehou het.” 

’n ID-boekie is in die voertuig gekry wat die man as Daniël Nel geïdentifiseer, het Arlow gesê. Ander identiteitsdoku-mente is ook in die voertuig gevind.

Phetla het gesê die polisie wag dat die nadoodse ondersoek afgehandel word. Die oorledene se familie is reeds van sy dood in kennis gestel.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories