HOOFSTORIES: •   Gru-ongeluk eis twee lewens   •   Foreign nationals targeted   •   Dak van vulstasie windskeef ná trok stamp   •   Geen skoon oudit vir Limpopo-munisipaliteite   •   Nuwe selfoon-slenter   •   Narcotics anonymous wants to expand   •   SAPD-klopjag suksesvol   •   Human trafficking a 'multi-million industry'   •   Brief: Wat is die WARE waterprobleem?   •   Dansers wys hul staal   •   Vuurwarm skolerugby   •   Gholftoernooi in volle swang   •   Coetzee's keep cycling titles in family
 

 
 

 

Jeugorkes tree weer vanjaar in Waterberge op


   21 April 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 29   l   2 months ago  

 

Simfonia Juventi tree weer vanjaar op Modimolle en Mookgophong op onder leiding van dr. Fanie Jooste.


Die bekende Simfonia Juventi-orkes tree vanjaar weer op Modimolle en Mookgophong op.

Dié jeugorkes tree gratis op en die fondse word ten bate van die Naboom Tuiste vir Bejaardes en Waterberg Residentia-ouetehuis ingesamel. Dit is vanjaar die orkes se sesde optrede op dié dorpe. 

Die orkes bestaan uit 93 orkeslede waarvan 42 seuns en 51 meisies is. 

Die orkes het in 1981 ontstaan toe die destydse TOD-orkes die geleentheid vir belowende leerders geskep het om orkeservaring op te doen en musiektalent uit te ken en te ontwikkel. Die orkes is reeds die afgelope 25 jaar onder leiding van die dirigent, dr. Fanie Jooste, wat oor die jare heen met groot sukses aan talle kultuurfeeste deelgeneem het en tans elke jaar volledige konsertuitvoering lewer. 

Die orkes het tot 1996 bekend gestaan as die streekjeugsimfonieorkes en het verder ontwikkel tot ’n suksesvolle orkes met ’n eiesoortige karakter en tree tans op as Simfonia Juventi. 

Simfonia Juventi word saamgestel uit skoolgaande leerders uit die onderskeie streke van Suid-Afrika. Vanjaar bestaan die orkes uit 93 lede afkomstig uit ongeveer 30 verskillende skole van regoor Suid-Afrika.

Kriteria vir toelating tot die orkes berus op musikale vermoë, asook die vlak van vaardigheid met ’n spesifieke instrument. Orkeslede word deur middel van oudisies gekies uit ’n groot aantal aansoeke en getuig daarom van kundigheid, vaardigheid en talent. 

Vanjaar se program sluit in werke van Grieg, Bach, Vioolkonsert no. 1 van Marx Bruch, La Traviata vanVerdi, Madame Butterfly van Puccini, Swane Lake vanTschaikowsky, asook moderne werke getiteld Satchmol, The Gliding Girl, Come Back to Sorrento, Danny Boy en Pirates of the Caribbean. 

Almal is welkom om agteroor te sit en ’n wonderlike aand saam te geniet.

Simfonia Juventi tree op Vrydag, 19 Mei, om 17:30 by die Gereformeerde Kerk se saal op Modimolle op. Kaartjies vir dié uurlange vertoning kos R40 en kan by Waterberg Residentia-ouetehuis gekoop word. Skakel die kantoor by tel. (014) 717 1370 of tel. (014) 717 3264. Navrae kan ook gerig word aan Martie van der Wateren by tel. 082 376 2642.

Hulle tree ook op Saterdag, 20 Mei, om 18:00 vir 18:30 in Hoërskool Hans Strijdom se saal op. Die drag vir hierdie vertoning is semiformeel en kos R100 vir bespreekte plekke, R80 vir volwassenes en R50 of R30 vir skoliere. 

Kaartjies vir hierdie twee uur lange vertoning kan by die Naboom Tuiste vir bejaardes gekoop word. Skakel die kantoor by tel. (014) 743 0685/6. Kaartjies kan ook by Hercules Louw by tel. 082 928 1676 gekoop word of by Annelie Reinecke by tel. (014) 743 0146 of 083 683 6562.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories