HOOFSTORIES: •   Dorpe vir 'Dorp van die Jaar' benoem   •   Munisipaliteit soek hul geld terug!   •   Sluit van dienssentrum heroorweeg   •   Voormalige kaptein sterf aan hartaanval   •   Roodekuil-verdagte aangekeer   •   'Abandoned' police barracks a cause for concern   •   Kabeldiewe rig groot skade aan   •   Stinkstorie op Bospoort   •   Trotse eienaar van kieries leer by sy pa   •   Letter: Mayor has no answers for Bela-Bela   •   Plaaslike kunstenaar se werke ook oorsee bekend   •   Mamba verruil dorpslewe vir berge   •   Water crisis under control   •   Live life healthy   •   Laerskool vier halfeeu
 

 
 

 

Meterlesers moet toegang tot erf kry


   17 February 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 129   

 


Die LIM368-munisipaliteit waarsku inwoners dat hulle verteenwoordigers van die maatskappy Cigicell nie toegang tot hul eiendom mag weier nie. 

Dié maatskappy is deur die munisipaliteit aangestel om hulp te verleen met kragmeter-oudits, die installering van nuwe kragmeters en die herstel en vervanging van meters in alle huishoudings binne die munisipale grense. Dié munisipaliteit bedien inwoners van Vaalwater, Modimolle, Mookgophong en die kleiner plekkies tussen-in. 

“Inwoners moet asseblief nie die waarskuwing ignoreer nie,” het Marlene van Staden, burgemeester, aan Die Pos gesê. 

Volgens die munisipaliteit kan geen verteenwoordiger van Cigicell wat toegang tot ’n eiendom verlang, geweier word indien dit binne redelike ure gebeur nie. Indien hulle toegang geweier word, kan die munisipaliteit die kragtoevoer binne 24 uur afsny. 

Die munisipaliteit het reeds voorheen gewaarsku dat hulle nie wanbetaling sal duld nie, omdat hul uitstaande rekening by Eskom reeds meer as R150 miljoen beloop — grootliks weens inwoners wat nie hul rekeninge betaal nie. 

Mense wat afsprake wil maak vir die oudit of vervanging van hul kragmeters, kan vir Johan Erasmus bel by tel. 082 565 3989. Vir verdere inligting, bel vir Jack Sithole van die munisipaliteit by tel. 083 446 4971.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories