HOOFSTORIES: •   Dorp maak harte oop vir gesin   •   Advertensieborde-sage kry nie einde   •   Community demands clean water   •   Three dead in major accident   •   Girlfriend allegedly killed by ex-lover   •   Mayor reaches out   •   Streetlight globes found in private home   •   Lyndansers samel blikkieskos in vir ouetehuis   •   Nuwe landbouwetgewing 'n bedreiging   •   Commitment and dedication pays off   •   Hansie bring brons na SA-kampioenskap   •   Kolskote vir beste skuts
 

 
 

 

Ou musiek herleef


   17 February 2017   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 52   l   2 months ago  

 

Bill Liebenberg by sy unieke klanktoestel waarmee hy ou plate op CD oorklank.


Vir Bill Liebenberg van Mookgophong is musiek nie net ’n passie nie, maar sy lewe. 

Liebenberg en sy vrou, Ina, woon sedert 2002 in hul huis in Houtkapperlaan in Gholfpark op die dorp. Hy is ’n gebore en getoë Johannesburger en is ’n elektroniese ingenieur wat sy ses jaar opleiding deur die Poskantoor voltooi het. Bill gee die musiek van ouds nuwe lewe deur die ou 78-plate en langspeelplate op CD te sny. 

Wat die proses so uniek maak, is die feit dat Bill met sy kennis van elektronika, ’n ongelooflike klankstelsel ontwerp en self gebou het. Al die krapgeluide en steurings word verwyder deur ’n lang, maar doeltreffende metode om sodoende die ongelooflikste, suiwer en ryk klanke te lewer.

Hy het eers ’n bandopnamemasjien gebruik om die plate oor te klank, maar gebruik deesdae ’n rekenaar wat aan sy kwaliteittoerusting gekoppel is. Dan volg daar agt stappe voor die perfekte eindproduk gereed is. Die plate word op ’n draaitafel met ’n spesiale kop en naalde gespeel en die klank gaan dan na ’n voorversterker en daarna na die rekenaar waar dit op die hardeskyf gestoor word. Daarna word die liedjies van die agtergrond se geraas geskei en op ’n CD “gebrand”. 

Die meeste van die kunstenaars leef nie meer nie, maar met dié unieke opnames kry hul musiek weer ’n spesiale plekkie in ons moderne tyd. 

Die Liebenbergs het honderde ure se musiekopnames en die kwaliteit daarvan laat ’n mens behoorlik met hoendervleis. Met die luister na die “ou” meesters hoor ’n mens ook musiekinstrumente in die orkes wat jy voorheen nie kon hoor nie. Bill het al verskeie artikels oor musiek en elektronika geskryf.

Hy het ook besluit om vanjaar die wonderlike werk wat hy doen met ander te deel en ’n musiekklub begin waarby almal wat sy liefde vir musiek deel, kan aansluit. “Ons wil net lekker musiek luister en die wonderlike klanke van stemme van weleer geniet,” het hy aan Die Pos gesê.

Belangstellendes kan Bill bel by tel. 083 961 0207.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories