HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Die Pos se kinderfonds reik helpende hand uit


   23 December 2016   l   Bea Emslie    l   Views: 90   l   7 months ago  

 

Een van die klassies van die Ikaheng Day Care Centre op Vingerkraal het dié foto aan die bestuur van Die Pos-kinderfonds gestuur om dankie te sê vir die opvoedkundige materiaal wat deur die fonds vir hulle nuwe klaskamer aangekoop is.


Suid-Afrikaners het in 2016 gesukkel om in die swak ekonomiese klimaat die finansiële wa deur die drif te trek en liefdadigheids-instansies was geen uitsondering nie.

Skenkers en borge se bydraes aan dié instansies het baie afgeneem en die regering het hulle subsidies ook drasties gesny. Dikwels word die subsidies uit die staatskas ook baie later betaal as die oor-eengekome datums wat dié instansies met ’n kontantvloeiprobleem laat. Daar was dikwels nie eens genoeg geld om kos, diensterekeninge en personeel te betaal nie.

Die Pos-kinderfonds se inkomste het ook die afgelope jaar afgeneem, maar waar die nood hoog was en welsynsinstansies aan ons deur geklop het, was daar altyd geld in die koffer om die gate te help toestop. Ons het die afgelope jaar bydraes tot die volgende projekte gemaak:

• Ikaheng Day Care Centre op Vinger-kraal:

In die Kerskoerant van Desember 2015 is daar berig oor die gr.R-klas wat onder leiding van Mathilda van der Merwe in die Vingerkraal-gemeenskap buite Bela-Bela tot stand gekom het. Van der Merwe se droom het nie by die gr.R-klas opgehou nie en saam met ’n groep vroue uit Vingerkraal het hulle die Ikaheng Day Care Centre vir voorskoolse opleiding op die been ge-bring. Die onderwy-sers van dié dag-sorgsentrum vir 1-5-vyfjariges het in Desember 2015 nog in ’n warm sink-gebou klas gegee, maar in Mei 2016 is ’n nuwe houtklas-kamer vir die 4- en 5-jariges ingewy. Die Pos-kinder-fonds het die geld geskenk om opvoedkundige speelgoed en ander leermateriaal vir dié klaskamer te koop.

• Kutlwelo Bohloko PreSchool op Bela-Bela:

Die kinderfonds het in 2015 twee klaskamers by dié kleuterskool in die Bela-Bela-township laat bou, maar vei-ligheid was ’n groot kopseer en die skool het kort-kort deurgeloop onder diefstal. In Septem-ber 2016 het ons diefwering voor al die vensters en deure by dié skool laat aanbring sodat die opvoedkundige materiaal, asook die tafels en stoele agter slot en grendel kan wees. 

• ’n Kontantbedrag is aan ’n plaaslike hoërskool geskenk om behoeftige atlete se vervoergeld na die Bosveld-interhoër te betaal. Twee behoeftige skaakspelers se koste na die provinsiale kampioenskap is ook deur die fonds gedra.  

• Christelike Maatskaplike Raad (CMR):

Dié instansie bied jaarliks ’n Kerspartytjie aan vir gesinne wat deur hul ondersteun word. Die kinderfonds het R6 000 geskenk vir die aankoop van klein geskenkies en kos vir die geleentheid.

• Huis Talje:

Dié versorgingseenheid op Bela-Bela waar daar na die behoeftes van gestremde kin-ders omgesien word, se voertuig waarmee die kinders na onder meer die hospitaal vervoer word, se bande het onklaar geraak en die kinderfonds het R5 000 geskenk om die bande te vervang.

 • Babaprojek:

Die fonds samel die afgelope drie jaar babaklere,-doeke, -komberse en skoon-maakmiddels in wat gebruik word om pakkies op te maak wat aan behoeftige tienerma’s by klinieke en hospitale in die lesersgebied uitgedeel word. Dié ma’s daag dikwels by dié instansies op om die lewe aan hul eersteling te skenk sonder enige bababenodigdhede.

Instansies wat die welsyn van kinders op die hart dra en graag wil aansoek doen omr finansiële hulp deur die kinderfonds, kan ’n e-pos stuur aan dieposbea@icon.co.za(.) 

Die bestuur van die kinderfonds besoek nuwe aansoekers persoonlik om hulle ten volle te vergewis van die behoefte en om-standighede van instansies. Slegs instan-sies en skole in Die Pos se lesersgebied kan aansoek doen vir fondshulp.

• Skenkings aan kinderfonds

Die Pos-kinderfonds is ’n gemeenskaps-projek wat sonder die hulp en bydraes van sakelui en individue nie by kinderwelsyns-projekte in die koerant se lesersgebied betrokke kan wees nie.

Die grootste deel van die fonds se geld-koffers word aangevul deur sakeonder-nemings wat hul weeklikse wins op die verkope van Die Pos-koerant aan die kinderfonds skenk.

Op Bela-Bela is dié ondernemings Pick n Pay, Maxi’s Res-taurant, Sonskyn Motors, Vyfster Diensstasie, Shoprite/Checkers, Intaba Indle Landgoed, Swift Diesel, Bosveld Diesel, Elephamt Cut Haarsalon en JFC Vleis.

Op Modimolle is dit Oppie Hoekie, Spar, Big L Meule, Pick n Pay, Hunky Dory, Modi Pets, Painted Words, Shoprite, Polfyntjie, Ster Radio, Cake-a-Bake, Funseekers, Voortrekker Slaghuis, Bosveld Biltong Deli, Hunter Slaghuis, Wildevy Biltong Deli, Hoeksteen Aqua en Nantes Padstal.

Op Mookgophong is dit Koedoe Motors, Dish-a-Fish, Springbok Slaghuis, Big L Staal (Mookgophong) en Total Naboom-spruit.

Ietsie Mois Mark op Bela-Bela het ook ná afloop van hulle Kersmark ’n stewige kon-tantbedrag aan die kinderfonds geskenk.

Bela-Bela se hekelklub het deur die loop van die jaar die allermooiste liefdadigheidskombers gehekel waarop mense kon loot. ’n Deel van die kombers se opbrengs is aan die kinderfonds gegee.  

Waterberg Reach het ook in April ’n kontantbedrag aan die fonds oorhandig.

Die Pos se anonieme mesmaker wat al vir etlike jare al wat leser is se kombuisskêr en -mes gratis skerpmaak en dan net ’n donasie vir die kinderfonds vra, sorg dat die fonds weekliks groei. 

’n Mens kan nie genoeg dankie sê aan al die individue wat met die bydrae van hulle sente en rande ’n groot verskil in kinders se lewens maak. Dankie ook aan Lorraine Haarhoff van Bela-Bela wat pragtige handgemaakte artikels ten bate van die kinderfonds geskenk het.

Die Pos bestuur ook self ’n herwinnings-projek by die hoofkantoor op Bela-Bela ten bate van die kinderfonds.

Lesers kan gerus al hul ou papiere en boeke na dié kantoor in Minnaarstraat (oorkant die landdroskantoor) bring. ’n Herwinningsmaatskappy koop die papier per kilogram en dié geld word dan weer in die kinderfonds se koffer geplaas.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories