HOOFSTORIES: •   Gesin verloor alles in brand   •   KPMG-verslag uiteindelik bekend   •   Jagter geskiet in eie huis   •   Paasverkeer vloei glad ondanks padwerke   •   Vaalwater roads not 'car worthy'   •   Net handvol lede in raadsaal toegelaat   •   Man dood langs afrit gevind   •   Armed robbery at Vaalwater   •   Draaddiewe vas   •   Brief: gee dokters werklik nog om?   •   Fiësta vermaak oud en jonk   •   Sakeliga al hoe gewilder
 

 
 

 

It’s not inside, its on top — Cremora-koning


   08 March 2013   l   Andries van der Heyde    l   Views: 158   l   4 years ago  

 

Willem Derecksen, die Cremora-koning, voor sy dood in 2006.

“Weet jy wie’s daai?” vra oom Corrie van Staden van Modimolle my terwyl hy na ’n foto wys.
“Nee Oom, wie is dit?”
“Dis Willem Derecksen, die ou wat die multimiljoenrand industrie, Cremora, jare gelede begin het. Ek was saam met hom op skool.” 
Van Staden en Derecksen was in st. 5 (vandag gr. 7) in die destydse Potgietersrus (nou Mokopane) op skool.
Derecksen is in 1926 gebore en het hom later in Pretoria gevestig.
Ná jare van geen kontak, het Van Staden hom in 2006, kort voor Derecksen se dood, weer opgespoor.
“Willem was ’n arm seuntjie wat op Roedtan grootgeword het. Nadat hy klaar studeer het, het hy vir die suiwelmaatskappy KLIM begin werk. Dis daar waar hy Cremora uitgedink het.”
Mense onthou natuurlik die slagspreuk van Cremora van hul advertensies: “It’s not inside, it’s on top.” Van Staden vertel dat dit oorlede Jan Spies was, een van die aanbieders van die televisiereeks Spies en Plessis, wat die slagspreuk aan Derecksen voorgestel het.
“Willem was skatryk, maar plat op die aarde,” sê Van Staden.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories