HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Die ontwikkeling van die Chev Commodore


   06 April 2018   l   Paul Smith    l   Views: 86   l   14 days ago  

 

Die Chevrolet Commodore. Foto: carswaa2.co.za


Met die streng plaaslike inhoudreëls van die 70’s het Suid-Afrikaanse motorryers ’n voorliefde vir Chevrolet-motors ontwikkel. 

Die “moderne” Chevrolet Commodore is in 1978 bekendgestel. Hierdie model is in die Verenigde Koninkryk die Vauxhall Viceroy genoem terwyl ’n Holden-kenteken in Australië voor op die Commodore aangebring is.

Daar was twee 3.8-brood-en-bottermodelle, maar dit was die 4.1 GL wat die verbeelding aangegryp het.

Die GL was slegs met ’n drie spoed outomatiese ratkas beskikbaar en die inlyn-ses het baie eenvoudige tegnologie gebruik om hierdie luukse wa tot 100 km/h in net minder as 11 sekondes te neem. Die nadeel was dat die vergasser elke 100 km 15 liter brandstof die enjin ingestuur het.

In 1982 is die Chevrolet kenteken weggepak en met ’n Opel-blits vervang en die model het voortaan as ’n Opel Rekord bekendgestaan.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories