HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Porsche as Motor van die Jaar bekroon


   06 April 2018   l   Paul Smith    l   Views: 158   l   14 days ago  

 

Die Porsche Panamera is as Motor van die Jaar aangewys. Foto: iol.co.za


En daar wen die Porsche Panamera toe wraggies die gesogte trofee as Motor van die Jaar en word daarmee die vierde Porsche in die afgelope ses jaar wat met die louere wegstap. 

Natuurlik is daar hope teen-kanting en kritiek omdat so ’n duur premiumvervaardi-ger die kompetisie oorheers.

Dít terwyl bekostigbare motors vir die massas nie die beoordelaars kon oortuig om hulle te laat wen nie. 

Die organiseerders van die kompetisie hou egter vol dat hul keuringsproses regverdig en sonder enige vooroordeel plaasgevind het. 

Die belangrikste vraag wat tydens die beoordeling gevra word, is of ’n spesifieke motor aan die behoeftes voldoen wat ’n tipiese koper van daardie motor sou hê. 

Duidelik is Porsche die ver-vaardiger wat tans juis die produk bied wat sy kopers verlang en daarvoor verdien hulle ’n pluimpie. 

* Paul Smith is ’n motor-liefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories