HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Kewers net waar jy kyk


   01 September 2017   l   Paul Smith    l   Views: 216   l   53 days ago  

 

Soos eendjies in ’n ry staan die Volkswagen Kewers gereed om die pad Pretoria toe aan te durf ná ’n saamtrek van die Jacaranda Beetle Club van Pretoria by ’n vakansieoord buite Bela-Bela.


Die Volkswagen Beetle, of die Kewer, is deesdae ’n versamelaarsitem wat steeds menige motorgeesdriftige se hart warm laat klop.

Die Jacaranda Beetle Club van Pretoria het die naweek van 25-27 Augustus ’n byeenkoms by Bosfontein-vakansieoord tussen Bela-Bela en Modimolle gehou.

Dié saamtrek, wat elke tweede jaar plaasvind, het afgeskop met ’n rustige sirkelroete van ongeveer 600 km wat die groep Volkswagen-geesdriftiges vanaf Pretoria, oor Middelburg tot op Bosfontein gebring het. 

Daar het die groep vir twee aande gekamp waarna die laaste deel van die Kewer-roete terug na Pretoria aangedurf is.

Die Jacaranda Beetle Club spog met on-geveer 60 geesdriftige lede en het ook die geleentheid gebruik om hul 30ste bestaans-jaar te vier.  

Een van die stigterslede en huidige president van die klub, Werner Alker, was ook teenwoordig en het trots sy oog laat gly oor die 14 Kewers en handjievol ander Volkswagens. 

Volgens Wikipedia is meer as 21 miljoen  Kewers tussen 1938 en 2003 met ’n lug-verkoelde, agterenjin en agterwielopset vervaardig.

Dié voertuig is ook die “langste en mees-vervaardigde motor van ’n enkele ontwerp-platform ter wêreld”.

Die produksie van dié eens geliefde voertuig het in 2003 in Mexico tot ’n einde gekom het.

 — Bron: wikipedia.org/wiki.Volkswagen Beetle 

   

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories