HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Wenke oor motorversekeringseise


   02 June 2017   l   Paul Smith    l   Views: 145   l   5 months ago  

 


Enigeen wat al ná ’n botsing ’n versekeringseis moes indien, sal weet dat dit ’n stresvolle proses is wat motoreienaars laat bloed sweet. 

PSG Insure het in ’n onlangse internetartikel die volgende moets en moenies van eise uitgelig.

Volgens PSG is daar vyf belangrike stappe wat gevolg moet word:

  • Meld aan en kry besonderhede:

Enige ongeluk op ’n openbare pad moet binne 24 uur by die polisie aangemeld word. Indien die bestuurder weens beserings nie die ongeluk kan aanmeld nie, mag ’n ander persoon dit doen. Die bestuurder moet egter steeds so gou as moontlik ’n verklaring aflê.

Maak seker dat alle besonderhede van die ander party verkry is voor die toneel verlaat word. Registrasienommers en ID-nommers is noodsaaklik. Neem sommer ook foto’s van die skade en die toneel.

  • Kontak jou versekeraar of adviseur:

Versekeraars vereis dat ’n eis spoedig by hulle aangemeld word. Boonop sal die adviseur kan help met ’n lys van nodige dokumente, vorms en bewyse wat vereis sal word om die eis af te handel.

  • Dien die eis betyds in:

Aangesien daar bykomende koste of selfs vervaldatums betrokke kan wees, moet die eis die versekeraar spoedig bereik. Verhogings in herstelkoste kan veroorsaak dat ’n versekeraar die eiser verantwoordelik hou indien ’n eis te lank ná die voorval ingedien word.

  • Kontroleer bybetalings:

Bevestig die bybetaling wat betaalbaar is voor ’n kwotasie aanvaar word of ’n motor vir herstelwerk geneem word.

  • Verwyder waardevolle items:

Indien ’n motor ingesleep word, moet waardevolle items dadelik verwyder word. Versekeraars sal waarskynlik nie ’n eis betaal vir items wat in motors vergeet word nie.

Die volgende moenies word ook uitgewys:

  • Moenie met ’n motor ry as dit nie veilig is nie:

Indien die motor vloeistowwe lek, of daar waarskuwings liggies brand, kan die motor nie bestuur word nie. Dit kan tot erger skade lei wat dan moontlik nie deur die versekering gedek word nie.

Moenie aanspreeklikheid erken of aanvaar nie, moenie onderhandel, iets aanbied of beloof nie. Verwys alle navrae na die versekeraar.

  • Wees altyd eerlik:

Moet nooit vals inligting aan ’n versekeraar verskaf of ’n eis vergroot nie. Oneerlike eisers verbeur alle voordele en sal in die toekoms moeilik vir versekering kwalifiseer.

  • Laat die versekeraar herstelwerk goedkeur:

Herstelwerk kan nie aanvaar word of begin word voordat die versekeraar dit nie goedgekeur het nie. Dit kan meebring dat die eis afgekeur word.

  • Teken ’n klaringsertifikaat:

Ondersoek die herstelde voertuig deeglik om seker te maak dat herstelwerk deeglik voltooi is. Die versekeraar betaal eers die eis as die eiser sy tevredenheid deur ’n klaringsertifikaat bevestig het.

Daar is verskeie ander kwessies wat ’n rol by versekeringseise kan speel, maar deur goeie, eerlike kommunikasie met die versekeraar of adviseur te handhaaf behoort ’n eis maklik afgehandel te word. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories