HOOFSTORIES: •   Inwoners jaag rowers deur sentrum   •   Kyk uit vir pers toilet   •   Sakeondernemings trek swaar   •   Vragmotors by tolhek aangeval   •   Gemeenskap laat rower op sy herrie kry   •   Goeie bemarking kan dorp help   •   Trokke 'n kopseer vir sakelui   •   Vigsraad op die been gebring   •   Alleged illegal workers arrested   •   Tuinvullis kan inwoners stywe boetes besorg   •   Slangvanger maak prostese vir diere   •   Straatligte brand dag en nag   •   DIY: Huis, paleis, pondok, varkhok   •   Mookgophong reg vir Bokkieweek
 

 
 

 

Kia Picanto ’n goeie, ekonomiese keuse


   03 March 2017   l   Paul Smith    l   Views: 149   l   3 months ago  

 

Die Kia Picanto is ’n goed toegeruste motor vir jongmense en mammas. Foto: kia.com


Kia roem daarop dat hulle verwagtinge oortref en die derde inkarnasie van die klein Picanto is ’n sprekende voorbeeld. 

Die “tierneus”-sierrooster wat nou reeds ’n bekende Kia-kenmerk is, pronk trots tussen hoofligte wat outomaties aan- en afskakel. Die 15-duim allooiwiele is op die hoeke van die motortjie geplaas met bitter min wat verby die wiele oorhang. Net agter die voorwiele begin ’n stileringslyn wat eers by die agterligte eindig. Die ontwerp word verder deur ’n groot lugdam en prominente misligte versterk. As “sexy” enigsins deel was van die ontwerpspan se opdrag, moet hulle volpunte kry.

Onder die kort enjinkap werk moderne enjins met 1.0 en 1.2 liter kapasiteit. Die 1.2 is besonder gewillig vir sy grootte en lewer ’n gesonde kW. Die kragbronne is stil en voel uiters verfyn. 

Die binneruim is egter die hoogtepunt. Die gehalte van die afwerking en toerustingsvlak kan nie deur enige sub-R200 000 motor geklop word nie. Materiale voel na goeie gehalte, panele pas perfek en daar is ’n verskeidenheid handige bêreplekkies. Spasie is natuurlik beperk, maar darem nie heeltemal beknop nie. 

Hierdie motortjie is perfek vir jongmense en mammas. Daar is isofix-ankers vir babastoeltjies en die agtersitplekke slaan plat om die bagasieruim te vergroot. Die ses luidsprekers, ’n leerstuurwiel en hoogteverstelbare bestuurdersitplek rond Ex-modelle verder af.

Die duurder Picanto-modelle ding mee met groter motors soos die Vivo en die gewilde Figo, wat albei beter opsies vir gesinsmotors is. Die Picanto is egter die mooiste en met gemak die beste toegerus.

* Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories