HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Wees versigtig vir verkoopslenters


   03 March 2017   l   Paul Smith    l   Views: 576   l   9 months ago  

 


Die beskikbaarheid van webtuistes soos OLX het die privaat koop en verkoop van goedere — selfs oor lang afstande — baie vergemaklik.

OLX beweer dat daar elke vier sekondes ’n transaksie danksy hul webtuiste plaasvind en ek self het al ’n paar items van die hand gesit. Ek was ook al twee keer aan die koopkant. 

Ongelukkig het skelms ook hierdie platform ontdek en hoor ek deesdae weekliks van slagoffers wat met een of ander slenter gevang is. Die afgelope week is ’n werknemer juis ’n motor kwyt.

Gebruikers van hierdie webtuistes moet uiters versigtig wees en die volgende reëls volg om te verhoed dat hulle van hul geld of besittings besteel word.

Onthou altyd dat iets wat te goed klink om waar te wees, waarskynlik nie waar is nie. Gewilde bakkies soos Toyota Hilux en Land Cruisers word soms teen besonder lae pryse geadverteer. Die adverteerder is gewoonlik van ’n verafgeleë dorpie waarby die koper nie vinnig kan uitkom nie en daar word ooreengekom om ’n deposito te betaal om hierdie “winskopie” vir die koper te reserveer. Sodra die betaling gemaak is, verdwyn die verkoper en die selfoonnommer bestaan nie meer nie. 

Sommige verkopers sal die motor van ver af bring om die koper te kom wys indien daar eers ’n geldjie inbetaal word vir brandstof. Daar moet onder geen omstandighede ’n deposito betaal word nie, al klink die verkoper opreg.  

Verkopers moenie ’n motor se sleutel oorhandig voordat daar nie by die bank bevestig is dat geld wel inbetaal is nie. ’n SMS of e-pos is maklik om te vervals. Bogenoemde werknemer sit juis met so ’n SMS van R50 000 wat kamtig uit ’n Nedbank-rekening oorbetaal is. 

Dit word sterk aanbeveel dat kopers liefs plaaslik moet probeer sake doen. Dit is maklik om na ’n plaaslike adverteerder te ry om die goedere te bekyk, geldreëlings te tref en op ’n veilige plek te ontmoet. 

Daar moet onder geen omstandighede ’n klomp persoonlike inligting oor die foon gegee word nie en ontmoetings moet verkieslik op ’n openbare plek soos ’n besige parkeerarea of vulstasie plaasvind. 

Verkopers moet verkieslik nie kopers by die huis ontvang nie en in gevalle waar dit wel nodig is, behoort die verkoper nie alleen te wees nie. Neem ’n vriend of twee saam as daar êrens ontmoet word, veral as kontant betrokke is.

 


 

13 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories