HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Motorverkope daal skerp


   03 February 2017   l   Paul Smith    l   Views: 693   l   6 months ago  

 


Vir die plaaslike motorbedryf was 2016 maar ’n broekskeurjaar. 

Nuwe motorverkope het met 11,4% gedaal vergeleke met die vorige jaar. Verkope van passasiermotors het met 12,4% gedaal terwyl ligte handelsvoertuie se verkope met 8,9% gekwyn het. Altesame 547 442 nuwe voertuie is van die hand gesit wat die laagste volume sedert 2010 verteenwoordig. Die jaar 2016 is volgens die jongste syfers die derde agtereenvolgende jaar waarin voertuigverkope in Suid-Afrika gedaal het.  

Handelaars het veral aan die kortste ent getrek aangesien hul verkope skerp gedaal het. Daarteenoor het verkope aan verhuringsmaatskappye met byna 16% gestyg. Bron — cars.co.za

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories